Die is my custom blog. Amper soos wanneer jy ‘n bike ‘n nuwe look gee met ‘n custom sprayjob, nuwe tyres ensovoorts.
Die bike is nog in sy siel dieselfde, maar jy bring ‘n paar verbeterings aan. Jy tune die bike sommer ook ‘n bietjie. Miskien vervang jy die exhaust met ‘n blinknuwe loudpipe sodat die mense in die buurt kan hoor as jy aangery kom of vertrek. Dalk koop jy net ‘n nuwe leerbaadjie of ‘n nuwe helmet. Hel, dalk was jy net jou bike ‘n slag en polish hom blink.
Hierdie blog is dieselfde. Ek gaan nog dieselfde soort goed skryf. Wat dit ook mag wees…
Dit lyk net vir my asof die uptime beter is by WordPress en asof hier meer settings is om te tune. Die ou blog het verdwyn onder hierdie nuwe custom job. Die ou verf is toe gespray. En ek werk nog aan die nuwe custom job hier.
Byvoorbeeld die agtergrond van die woestyn in die blog se custom header is van Death Valley in die USA. Of daar iewers. Dis net sodat daar iets is. Ek wil nie ‘n “Rat-bike” van hierdie blog maak nie.
Of dalk wil ek. Binnekort stop ek sommer iewers langs die pad en neem ‘n kiekie vir ‘n eg Suid-Afrikaanse agtergrond. Miskien Soweto se sinkdakke, dalk die Noord-Kaap se sand, of Mpumalanga se plantasies. Dalk selfs Durban se see, maar ek dink nie so nie, want dooie visse in Durban se hawe gaan dalkies kak lyk hier as ‘n agtergrond vir my bike.
Dalk bly die agtergrond van Death Valley sommer hier. Dit is juis een van my grootste drome om die pad deur Death Valley met ‘n bike, ‘n fles koffie, ‘n kamera, sakkie Koedoebiltong, Vroutjie en ‘n klein nylontentjie aan te pak.
Intussen verloop die relings vir my en Vroutjie se vakansie vlot. Ons het besluit om eers Kaappunt toe te ry en daarna op na Namibie. So net na die Paasvakansie.
Januarie 11, 2008 at 11:27 nm |
Maggies man! Laat ek dan die eerste een wees wat jou welkom heet hier by WoordStoot! Ek gaan sit sommer dadelik vir jou ‘n link op my blog ook! En ek laaik die paint job – dis moerse cool!
PS: Ek wou biltong saambring, maar daai vyf vernietvreters in my huis het die sak biltong ontdek… Hier’s Jack Daniels en ys. Gelukkig drink hulle nie, want dan sou ek die wettertjies moes van kant maak! Cheers!
Januarie 12, 2008 at 12:20 vm |
Dankie, Soldaat. Ek gaan jou nog link ook. Ek is nog besig om hierdie blog in orde te kry.
WoordStoot? LOL! Jinne, dis eintlik ‘n moer goeie Afrikaanse woord vir WordPress.
Jy moet daai wettertjies mooi oppas. Vroutjie het die een foto op jou blog gesien waar die “oulike dingetjie” uit die raampie klim, en is klaar mal verlief op “aaag shame, kyk die oulike Shar-Pei”
Januarie 12, 2008 at 1:54 vm |
Howzit Gert!
Gewonder waar jy heen verdwyn het!
Smaak my ons moet maar almal na WoordStoot verhuis.
Geniet jou trippie, en as jy deur die Wes-Kus ry, maak ‘n draai by Lambertsbaai en Muisbosskerm.
Januarie 12, 2008 at 10:13 vm |
Welkom Gert Gariep!
Soldaat…
Woordstoot?
Oulike benaming en sommer baie oorspronklik!
Januarie 12, 2008 at 11:15 vm |
Hallo Gert! Woordstoot is tops! Soms ook vol nukke, maar meestal ‘n vriendelike plekkie. Laai Blogdesk af en maak die lewe nog makliker. Waar in Nam? As jy Walvis toe soek ek bytplek aan die wiel – ek mis my duineplek baie! Have fun!
Januarie 12, 2008 at 12:56 nm |
DM, jip! WoordStoot! Jy weet mos – ek’s behep met… woorde!
Gertgariep, ek sal vir ou grumpy Randy sê hy het nog ‘n bewonderaar – ek wens party dae ek was so gewild onder die girls soos wat hy is!
Januarie 12, 2008 at 2:17 nm |
Nam! Eish, hoe trek my hart nou ‘n punt!!!
Januarie 12, 2008 at 2:28 nm |
Welkom by jou nuwe tuiste. Noudat jy nie meer in my eie buurt is nie, moet ek ‘n feed van jou af kry. Waar’s jou feed icon?
Januarie 12, 2008 at 4:28 nm |
Welkom, moet nou net nie laat my skoonseun die paint job oor die bike te siene kry nie, want dan moet alles weer op syne gedoen word!! hehe
Januarie 12, 2008 at 6:36 nm |
My droom is om eendag met een van daardie lang slap American cabs deur die woestyne van die States te ry – daar waar die niks so kniehoogte groei en die pad verby jou teokoms strek!
Welkom by die WoordStoot familie (Soldaat – jy het nou ‘n woord geskep vat vasgeSTEEK het, no pun intended!
Januarie 12, 2008 at 11:47 nm |
Thanks vir die comments, almal.
Hanlie, ek dink die feed is by http://gertgariep.wordpress.com/feed/
Januarie 14, 2008 at 3:44 nm |
Lyk my die uittog na wordpress het begin. Hoop jy geniet jou nuwe “huis”.Ek sit nou al die heeldag en wonder op wat ek vannaand ‘n koue enetjie kan drink, en jou nuwe tuiste klink vir my na ‘n moerse goeie verskoning. Dankie
Geniet dit. Sal verseker kom gereeld kom kuier.