David vs Koos

David vs Koos

Hmmm, ja dit gaan nogal ‘n moeilike een wees hierdie.

David:

Kitaarspeler, sanger, liedjieskrywer, Pink Floyd, platevervaardiger, ensovoorts. Te veel om op te noem.

Albums (Die saam met Pink Floyd uitgesluit)

David Gilmour, About Face, On an Island

David se solo albums steek nogal kakkerig af teen die wat hy as deel van Pink Floyd gedoen het, dus 9/10.

Koos:

Musikant, sanger, liedjieskrywer, skrywer…

Albums

Ver van die Ou Kalahari
Niemandsland and Beyond
Elke Boemelaar se Droom
Madiba Bay
Blameer dit op Apartheid
Mona Lisa
Blou Kombuis
Equilibrium
‘n Jaar in die Son

Letterkunde

Suburbia (1982)
Nou is die Kaap weer Hollands (1982)
My nooi is in ‘n tikmasjien (1984)
Somer II (1985)
Die Geel Kafee (1985)
Breekwater (1986)
Die Bar op De Aar (1988)
Suidpunt-Jazz (1989)
Paradise Redecorated (1990)
Koos se Songs (1998)
Die tweede Reën (1998)
Seks & Drugs & Boeremusiek
My Mamma is ‘n Taal
Hotel Atlantis
The Secret Diary of God
Raka – die Roman

Koos was ook lank geborg deur Tassenberg. Verder was Koos ook in Weskoppies. En dan moet mens nie Lisa Se Klavier vergeet nie. Koos, jy kry 10/10

Ja dis naby, maar Koos is duidelik die wenner hier.

Geluk, Koos, vang ‘n slukkie Beyerskloof.Beyerskloof

11 Responses to “David vs Koos”

  1. hanlie Says:

    Ek stem saam!

  2. corlivandermerwe Says:

    Ooooh Gert, as jy slukkies Beyerskloof uitdeel wil ek ook hê! Verkieslik Pinotage hoor! ;)

  3. Da Mario Says:

    En hier stem ek saam met jou keuse. EN ek glo nie enige iemand kan “Lisa se klavier” vergeet nie. Hele restaurante het al saam ingeval as ek dit laat in die aand sing. What a beautiful song!

  4. Die Gestorwe Soldaat Says:

    Haha! Ligte applous vir ons gaskunstenaar van die aand…. DA MARIO!

    Persoonlik vrek ek oor Pink Floyd en David Gilmour!

  5. Gert Gariep Says:

    Ek vrek ook oor PF en David, maar Koos is KOOS.
    Mense sal dit dalk nie glo nie, maar bikers lees ook, en daar is vir my niks lekkerder as om Letoit se boeke te lees, na KOOS te luister en ‘n rooiwyntjie te sluk nie.

  6. René Says:

    Ek like ook vir Koos … oorlat hy Koos is, dit wat jy sien is wat jy kry! … Oooeee soldaat, moenie praat van Pink Floyd nie – hoendervleis mooi!!! :lol:

  7. Da Mario Says:

    Wie de hel is hierdie “Pink Floyd” waaroor julle so aangaan?? :roll:

  8. Da Mario Says:

    Rene…
    By the way, bedoel jy Pink Floyd is hoendervleis mooi (en ek dink nie hoendervleis is besonders mooi nie), of bedoel jy sy musiek is so mooi jy kry sommer hoendervleis? :lol:

  9. René Says:

    Da Mario – laasgenoemde!

  10. Da Mario Says:

    Nou as jy sommer wil hoendervleis kry Rene’tjie, gaan jy KFC toe of na Chicken Licken? Of (God forbid) Chicken King…

  11. Die Gestorwe Soldaat Says:

    Wie’s Chicken King? ;-)

Leave a Reply