
Ek dink dis eerder ‘n verkleining. En ek noem dit sommer somme maak.
Dis nou die geld wat mens moet tel voordat jy die pad kan vat. Geld neuk mos orals in. Dis erger as klippies in jou skoene. Dit pla jou aanhoudend en jy kan dit nie ignoreer nie.
Jy begin mos met die geld wat jy beskikbaar het. Dan begin jy die uitgawes uitwerk, soos petrol, verblyf, bier ens.
Die uitgawes trek jy af van dit wat jy beskikbaar het, so die beskikbare bedrag word al minder. Begroting se gat. Jy is besig met ‘n verkleining. Die bedraggie wat oorbly word al kleiner.
En hoe meer bedrae jy aftrek, hoe meer onthou jy om nog af te trek, so die bedraggie word net al kleiner en kleiner…
Gelukkig is Vroutjie goed met die somme maak, en op die einde klop alles. Ek wou nog kla omdat die bedrag vir “onverwagte uitgawes” effens groot gelyk het, maar nou ja, die bike kan breek, die tyre kan sy gat in die middel van die nerens sien wat “onverwagte” verblyfuitgawes kan veroorsaak ens.
Ekstra bier en biltong val ook seker onder “onverwagte uitgawes”…
Januarie 28, 2008 at 11:39 vm |
As jy ekstra bier en biltong gekoop kry onder “onverwagte uitgawes” is jy my hero!
Januarie 29, 2008 at 8:41 vm |
Bier en biltong sal altyd ‘n “onverwagte uitgawe” wees – jy weet mos nou NOOIT wanneer die lus jou gaan oorval nie!!
Januarie 29, 2008 at 8:49 vm |
Ek ken baie goed van onverwagse uitgawes. Dit staan ook bekend as my ex-vrou….