Nounet het ek by die vorige post se comments gelees waar Knersis vertel van ‘n flits wat met “bachelor krag” werk. Almal weet van die min krag in SA en amper almal weet van ‘n bachelor se metodes. Mens kry flitse wat opwen en ander wat mens moet skud. Ek verstaan toe Knersis bedoel die flits wat mens skud.
Dus, hier is my nuwe Afrikaanse woord vir ‘n flits wat se batterye gelaai word deur die flits te skud: Die flits gebruik toskrag.
En uitlopend uit bogenoemde woord: ‘n Bachelor kan ook sê hy het gisteraand die vleisflits laat skyn nadat hy die Loslyf gelees het.
Januarie 27, 2008 at 10:32 nm |
Nou wil my Ingelsman weet hoekom ek so lag, but you had to be there…
Januarie 27, 2008 at 10:43 nm |
Vroutjie sê ek gebruik vuil taal op my blog. Die “tos” gedeelte van toskrag kan ek verstaan, maar wie het nou ooit gedink eendag, danksy Eskom, sal vleis+flits = vleisflits word, en tesame met ‘n bachelor wat ‘n comment op die blog geslos het, sal dit ‘n nuwe woord word wat na die penis verwys.