Die Boknaaier het oor die Infanterie gepost op sy blog, so nou gaan ek, die Kanondonkie, oor die Artillerie post.
Vir die voorbeeld sal ek Sierra-Battery, by 61 Mech Bn Gp gebruik. Ek glo nie die G5 battery is meer daar nie, dalk het hulle heeltemal ontbind, of gebruik die G6 deesdae of is terug na 10 Art buitekant Potchefstroom of 4 Art of wat dit deesdae is.
‘n Tipiese Artillerie battery, soos die G5 battery, wat Sierra-battery by 61 Mech was, bestaan uit die F, A en B echelon.
Moenie nou worry oor die echelonne nie. Soos jy verder lees sal jy dalk kop wat aangaan.
OK, die F-echelon is die echelon waar die manne kook. Hulle veg.
Die F-echelon betsaan uit twee kante, die skerpkant en die stompkant.
F-echelon
Dis die manne wat veg.
Die skerpkant bestaan uit:
49 - Die battery bevelvoerder (BB)
45, 45A, 45B, 45C - Die opservasiepos-offisiere en hulle spanne. Die manne wat vir die kanonne sê waar om te skiet, en die veiligheid uitwerk sodat ons eie boknaaiers nie onder die kanonne deurloop nie. In kort noem ons hulle sommer die OP’s. Die BB en OP’s saam met hulle spanne ry in ‘n Ratel, maar die OP’s kan ook infiltreer, dan moet hulle voetslaan. Partykeer is dit nice dan laai die chopper hulle af.
Die stompkant bestaan uit:
49A - Die batteryposoffisier (BPO) en die tweede in bevel van die battery (2IB)
49L - Die batteryverkenningsoffisier (BVO) - Hy en sy span meet die stelling op, orienteer die teodoliete ens. en maak seker die gebied is geskik sodat die kanonne daar in aksie kan kom. Gewoonlik fok hulle op, veral in die nag.
49F - Die batterysamjoor en pa van die battery.
Dan is daar twee vuurbeheerposte. 40A en 40B. Dit is waar die vuurorders van die OP’s verwerk word, en orders aan die geskut gegee word.
40A
40B
Daar is ook twee geskutgroepsamjore. (GSM) en hulle is gewoonlik Stafsersante.
Hulle roepseine is 41 en 42
Elke GSM het ook ‘n ondersteuningspan met ‘n voertuig waarop die kompressors, ekstra visiere, en ander gereedskap vir die instandhouding van die kanonne gestoor word. 41 het vir 466 en 42 het vir 466A
Onder elke GSM, is daar 3 kanonne.
Vir 41 is daar 4A, 4B en 4C
Vir 42 is daar 4D, 4E en 4F
As die kanonne afgehaak is, word hulle Nommer 1, nommer 2, nommer 3, nommer 4, nommer 5, en nommer 6 genoem.
Elke kanon bestaan uit ‘n bediening van agt persone. Partykeer minder. Die No.1 is baas oor sy kanon en slaan die kitaar en naai die kat.
Elke kanon het dan ook op die stelling ‘n ammunisievoertuig.
4A1, 4B1, 4C1, 4D1, 4E1 en 4F1
Wanneer die kanonne in aksie is, vertrek die 6 kanontrekkers (4A - 4F) na die wa-lyne, op ‘n spoorplan soos deur die BVO bepaal was.
Bogenoemde is dan die F-echelon van Sierra-battery.
Die A-echelon.
Die A-echelon se voertuie en spanne is nie op die stelling nie, maar verder agtertoe.
46 - Die Batterykaptein (BK) en
46A wat ‘n stoorman is.
Dan is daar nog ‘n ammunisiegroep bestaande uit 6 voertuie.
4A2, 4B2, 4C2, 4D2, 4E2, 4F2 en 47 wat dalk ‘n Regimentpolisieman is. Ek kan nie mooi onthou wat soek 47 daar nie, maar hy is wel daar.
Dan is daar die transportgroep (TPT GP)
461 - Die transport Onder-offisier en sy voertuig bevat die spaar bande ens.
461A - ‘n Voertuig met olie, petrol vir die generators, ghries, ensovoorts.
461B - Diesel
461C - Diesel
461D - Die lappiespomp (dieselpomp)
Dan is daar die groep wat sorg dat die gunners nie vrek van die honger nie.
462 - ‘n Kok of ‘n ding en die voertuig met die ratpacks.
462A - Die koeltrok.
462B - Die kombuisgereedskap
462C - Water
462D - Water
Dit was dan die A-echelon
Die B-echdelon
Die B-echelon is nog verder agtertoe.
464 - Die batterykwartiermeester
464A - Stoorman en voertuig met ekstra goed op soos tentseile, tentaple ens.
464B - Stoorman en voertuig met ekstra goed op soos stewels, rugsakke ens.
Nog ‘n amminisiegroep met ‘n ammunisievoertuig vir elke kanon
4A3, 4B3, 4C3, 4D3, 4E3, 4F3 en 47A wat ek dink ook ‘n RP is.