Partkeer gebeur dinge net so dat ‘n mens verward pik en as jy dalkies bollie aangejaag het, jy op jouself split.
Soos wat die dag gebeur het met Leon, die eiendomsagent.
Ek en Vroutjie het een Saterdag vroeg opgestaan om saam met ‘n paar vriende en hulle vrouens/girls te gaan ry. Dit was ‘n lekker groep. Die ontbyt by Wimpy in Sasolburg proe presies dieselfde as in Roodepoort of Alberton of waar ook, maar dit gaan mos oor die ry. Om bietjie uit te kom. Mens hoef nie altyd ver te ry nie, solank jy net ry. Veral as dit lekker sonskyn weer is in die somer. Daarvan het Suid-Afrika baie gehad en het nogsteeds baie. Die regering kan dit nie opneuk nie. Die son is ver op sy eie sonder ‘n korrupte amptenaar wat die son in sy sak kan druk.
Terwyl ons nog koffie gedrink het in Wimpy en daar ‘n stank vanaf die Sasol-aanleg af aangewaai gekom het, bel iemand se kind en vra of sy pa hom nie so 14:00 na ‘n huis kan neem waarna hy wil gaan kyk nie. Sy vrou was agter-op, en hy wou net nee sê toe een van die ouens aanbied om hom te vat. Almal het mos geweet van sy seun wat al diep in die twintigs was en wat net nie die nessie wou verlaat nie. So as die kans daar is, sal ons mos uithelp waar ons kan. Dit is juis in Roodepoort oppad terug, en ons sal so 14:00 daar wees.
Toe ry ons groep ook ‘n draai deur Vanderbijlpark, verby Hoërskool Driehoek waar een skoolgegaan het en sy vrou daar in Std. 9 ontmoet het. ‘n Ander wys waar die Olimpians saal is waar hy vir ‘n kort rukkie gestoei het toe hy ‘n kind was. Ons maak sommer ‘n draai deur Vereeniging ook want een ou wou by Brand Muller Kwekery of so iets ‘n plant koop, een van daai “Venus fly traps” maar die kry ons toe nie.
Ons is toe betyds terug en die hele groep besluit sommer om saam te gaan huis kyk. Dan kan ons mos ‘n laaste draai deur die woonbuurte vat voordat ons almal in verskillende rigting spat om die laaste deeltjie van die naweek te gaan geniet.
En toe, so sonder dat een van ons dit weet, vlieg die vrot paw-paw in die fan in. En die paw-paw spat papperig die hele wêreld vol. Die huis het ‘n lekker groot erf, en ‘n hele paar van die bikes kan intrek. Die ander parkeer op die sypaadjie. En almal klim af om bene te rek. Die huis staan leeg want die vorige eienaars het alreeds getrek. Toe kom daar ‘n benoude gepiep van die huis se kant af.
Maar niemand sien iemand nie. Toe was daar weer die benoude gepiep. Iets wat geklink het soos “…polisie bel…”
WTF? dag ek toe en stap nader. Die ouens wat buite geparkeer het stap toe ook die erf binne. Toe stop daar ‘n kar vir ‘n oomblik, jaag weg en keer terug saam met nog ‘n kar.
Iemand in die tweede karretjie draai sy ruit effens af en vra wat fout is. Nee niks. Ons kom na die huis kyk want iemand wil dit koop, maar dit lyk nie asof hier iemand is nie. Die eiendomsagent se bakkie staan in die driveway, maar hy is nie hier nie.
Toe klim die ou wat bo-oor die karretjie se effens afgedraaide ruit loer, uit. Skielik gaan die huis se deur oop en ‘n man loer agter die deur uit en vra om verskoning omdat hy die vrou in die wit Nissan gevloek het toe sy vir hom getoet het omdat hy voor haar ingery het toe hy sonder om te kyk by die huis se driveway ingedraai het.
Huh? WTF? Whatever. Is hy die agent wat die huis moet verkoop? Ja, maar hy is jammer en het nie gedink nie. Die ou wat opgelaai was om na die huis te gaan kyk stap toe nader om te gaan hoor of hy nou na die huis kan kyk of wat? Toe klap die man die deur vinnig toe.
Een van die ouens in die tweede karretjie het toe uitgeklim en die paw-paw se pap stukke begin uitklaar. (Terwyl klomp van die ouens al die swembad betrek het. Dit was ‘n warm dag.)
Die hele storie begin toe sin maak. Die eiendomsagent, Leon, het net voor 14:00 by die huis ingedraai. Sonder om te kyk. ‘n Vrou in ‘n wit Nissan het vir hom getoet. Hy het vir haar iets toegesnou. Toe daag al die bikes na ‘n rukkie op en Leon dink dit is omdat hy die vrou in die Nissan gevloek het. So iets. Hy belowe dit was sy skuld en hy belowe hy sal dit nie weer doen nie.
Albert kyk toe na die huis. En hy laaik die huis. Almal laaik die huis. Die erf is lekker groot, die swembad is lekker en die braai onder die lapa se paar los bakstene word sommer oor ‘n paar biere vasgemessel.
Albert besluit toe om die huis te koop, maar die agent, Leon, moet nadat die koop deur is, die helfte van sy kommissie in cash aan Albert oorbetaal. Sodat Albert goed vir die huis kan koop. Bier, ‘n yskas en so aan. Wie met die idee vorendag gekom het weet ek vandag nog nie, maar Leon het ingestem.
Ek het die naweek weer by Albert gaan braai. Elke keer dink ek aan Leon. Ek wonder of hy deesdae kyk waar hy ry en of hy sy padwoede kan inhou?
February 18, 2008 at 11:17 vm |
Hehe!
February 19, 2008 at 8:30 vm |
Whahahaha!!! Lyk julle groepie SO rof dat julle kan deurgaan vir gangsters??
February 20, 2008 at 6:32 nm |
Ek sou ge-like het om die hele petalje te aanskou! hehe!