Belasting deel 3: Trevor Manuel se begroting

Enkele besprekings van die 2008 begroting.

Eiendomstoegewings vir ontwikkelaars wat vervalle gebiede in middestede  herstel en weer op die been bring is verleng tot Maart 2014.

Dit as nou alles goed en wel, en kan diegene aanspoor om weer geld en vernuwing na die middestede te verskuif, maar ek dink dit is nie ‘n werkbare EN volhoubare oplossing nie. Die vernuwings word gestrem deur misdaad, swak munisipale infrastrukture en korrupsie. Ook die onwettige immigrante wat middestede oorneem en dit ‘n broeiplek vir misdaad maak. Die bedoeling is goed om toegewings te gee, maar Charles Nqakula moet sy werk begin doen of gefire word en deur iemand wat bevoeg is vervang word.

Drank en sigarette.

Weereens is die bedoeling goed, maar ek dink die doel word heeltemal misbruik. Dit is waar dat prysverhogings verbruik sal verminder, maar wat word van die belasting wat die rokers en drinkers betaal? Finansier dit die soustrein? Word dit vir Mugabe gegee? Ek sien geen deursigtigheid hier nie. Ek het in elk geval nog altyd gedink daar is ‘n slang in die gras met die sogenaamde “sondebelasting”. Indien die geld wel aangewend word vir die rokers met kankerlonge en die drinkers met vergrote lewers, of self vir algemene gesondheidsdienste, word die geld vermors danksy Manto Msimang wat die staatshospitale-en gesondheidstelse eiehandig goed opgedonner het en nogsteeds voortfok om alles op te ellie.

Meer geld vir die stryd teen misdaad.

Dit klink ook goed, maar Charles het homself al as vrot bewys. Daarby word die Skerpioene ontbind en die korrupte amptenare in die regerende party se vet gatte word al groter. Moordenaars en verkragters vermors die belastingbetaler se geld in die tronke. Hang hulle en bespaar so eerder geld.

Meer geld vir provinsies.

Korupsie.Korupsie. Swak bestuurders. Korrupsie. Meer geld beteken meer om gesteel te word.

Meer geld vir openbare infrastruktuur.

Nog geldjies vir openbare vervoer ensovoorts, sodat daar meer treine en busse is om af te brand, en meer geld vir die korrupte amptenare om te steel.

Werkloosheid.

Dit help nie om belastingverligitng te gee nie. Jaag al die onwettige immigrante uit en gee die Suid-Afrikaners eerste werk.

Binnelandse Sake wat nog 2,000,000,000 ekstra kry.

Nee wat, roei eers die korrupsie uit. Sluit die bedrieërs toe en gooi die sleutel weg. Nog net ‘n ekstra 2,000,000,000 om misbuik en vermors te word.

Vaardighede

Ruk die land reg sodat minder vaardige en goed opgeleide mense die stupid land verlaat.

En so kan ek aangaan. Goeie bedoelings met die begroting, Manuel, maar dit is waar dit bly.  Jy kry 7/10 vir jou moeite en probeerslag. Die ANC waarvan jy deel is en wat die regerende party is, kry 0/10.

Sorry dus, Manuel, al het jy hard probeer, jou begroting is net goed op papier. Op die grond in die praktyk is dit ‘n teëlaarde vir skelms en korrupsie, misbruik en vermorsing.

2 Responses to “Belasting deel 3: Trevor Manuel se begroting”

  1. Da Mario Says:

    Jip, al die beste bedoelings op aarde gaan jou niks help as jy dit nie effeltief kan implementeer nie. Die idee is sekerlik daar, maar die uitvoering gaan altyd tekort skiet… :sad:

  2. Da Mario Says:

    Dis amper soos ‘n G5 kanon. In die regte hande is hy moer effektief, maar in onopgeleide hande is dit beswaarlik meer as ‘n stuk scrap-metal…

Leave a Reply