Lekker! Lekker! Dis naweek.
Hierdie naweek gaan ek baie bike ry, bier drink en braai. Sommer baie. Ek gaan nou begin deur op die yster te klim en drankwinkel toe te ry. Dan gaan ek by die slaghuis stop om wors en steaks te kry. En wanneer ek by die huis is gaan ek ‘n bier oopmaak en vir Vroutjie haar rooiwyntjie skink. Dan gaan ek die vuur begin maak. Bogger die onweerswolke wat in die lug is. Suid-Afrika is braai-gebied.
O ja, net voor ek die helmet opsit, aan al die Afrikaner mense wat nou skielik sorry-ass is en minderwaardig voel omdat vier kuikens by die universiteit ‘n video gemaak het en die een (duidelik het die outjie nie my seks-tips gelees nie of nie verstaan nie) se girl was afgepis en het toe die video versprei:
Ruil om julle nat doeke, trek julle onderbroeke en panties uit wat in julle gatte opkruip, vee julle traantjies af en gaan aan met die lewe. Van wanneer af verteenwoordig daai vier laaities nou die miljoene ander mense in Suid-Afrika? Ja, daar IS nog ‘n paar miljoen “Caucasians” in Suid-Afrika, al braai ‘n klomp nie vanaand saam nie want hulle is in die You Kay of drink flou bier Down Under.
En aan die media, politieke partye en groepe wat die video vir eie gewin uitbuit en misbruik: Geen bier vir julle nie. Hierso! ‘n Vet zap vir julle.
February 29, 2008 at 7:04 pm |
Gert,
Jy skryf soos my broer praat
Ek like jou!
March 1, 2008 at 5:58 pm |
Amen! Jy het die regte attitude vir onse nuwe Suid-Afrika!
March 3, 2008 at 8:40 am |
En hier dog ek ek gaan ‘n inskrywing lees wat NIE met die UOVS-mini-oorlog te doen het nie!
Maar tog, punte vir jou Gert – jy het darem nou die klomp mooi op hulle plekke gesit!! Hehehe
Ek is so bly Steve (Hofmeyr) het niks met die video te doen gehad nie, want dan moes ons vir die soveelste week weer van hom ook op al die blogs lees!!
March 3, 2008 at 9:22 am |
Jinne, ek’s nou skoon jealous. Moes die hele naweek werk! Hoop joune was lekker. En ek stem heeltemal saam met jou siening oor daai vier wetters. Hulle kort kombers-treatment! (Soos daai wat hulle innie armie uitdeel as jy droogmaak en ou maakies drop).