Suurknol het my getune ek moenie sy grasperk gaan regmaak nie, so toe is ek lekker vroeg vandag by die huis.
Ek dag toe dis tyd om die vuurtjie aan te steek sodat ek kan braai. Maandae is mos lekker dae vir braai. En daar is juis nog ‘n lekker pak skaaptjoppies. Boudtjops.
Toe dag ek daai broodjie wat ek laasjaar iewers die resep van gekry het en gereeld gebak het, sal lekker wees. En ek begin soek. En versteur Skoonma se middagslapie. Nee, sy ken nie daai resep nie. In elk geval bak sy proper met suurdeeg.
Die huis is later omgekeer en die kat het in die kombuiskas ‘n slaapplek gekry, maar die resep het ek nie gekry nie.
Dis wat ek weet of dink:
Miskien was die resep in laasjaar se Weg tydskrif. Daai een waarin daar ‘n artikel oor braai was.
Die broodjie maak nie gebruik van suurdeeg nie, maar van gewone fyn meel, bakpoeier en ‘n pakkie aanmaak soppoeier of twee ensovoorts. Gladnie moeilik om te maak nie. Bo-op strooi jy fyngekapte olywe en gerasperde kaas, en druk hom in die oond. Dan rys (of reis?) hy lekker en na so ‘n uur kan jy hom uithaal.
Indien jy ‘n clue het van die resep, help my uit hier.
Ek het nou maar een van daai winkelbrode by Spar gaan koop… Wat teen my braai-wette is. ‘n Proper braaier kan nie ‘n braaibroodjie by ‘n winkel loop koop nie.
March 10, 2008 at 6:06 pm |
Gert, die enigste een wat klink soos wat jy hierbo beskryf is hier
http://www.weg.co.za/kos/display.asp?parentId=20&childId=24&recId=71
maar ek weet ook nie… Lekker braai! (hoe lus is ek nou vir tjops!)
March 10, 2008 at 6:46 pm |
Hey Gert,
Ek weet nou nie eintlik bak-brood van stuurboord af as dit by ‘n gebakkery uitkom nie maar het al gehoor van ‘n iets genaamd “Nutty Wheat”. Dis glo ‘n great produk wat jy net so van die rak af koop en jy’t omtrent niks anders nodig saam met dit nie. In die bos gebruik jy sommer ‘n leë koffieblik om in te bak, LEKEER!
Try bietjie die;
http://www.nottens.com/breads.asp
en ek het gedog jy sal DIE een laaik ; BIER BROOD
http://www.snowflake.co.za/cake.asp?categoryid=1&categoryname=Breads&recipeid=354
March 10, 2008 at 6:50 pm |
Jong, na so vinnige Google-search is my beste aanbeveling…
http://www.weg.co.za/kos/level.asp?parentId=20&childId=24&mode=1
Dit lyk asof daar allerhande lekker goodies is.
March 10, 2008 at 6:53 pm |
Thanks, Netjane! Dit is hy daardie. Ek bak hom more-middag.
Ek gebruik gewoonlik sommer ‘n pakkie groentesop i.p.v. die uiesop. En braai fyn stukkies bacon in ‘n pan en gooi dit ook bo-oor.
March 10, 2008 at 6:55 pm |
Thanks ook, Da Mario. Dit lyk genuine asof daar klomp lekker goete is. Ek sal daai “Beste snoek ooit” ook probeer, want dis iets wat ek nog nooit lekker reggekry het nie.