…hoekom moes die verlamde Mev. Petra Burger van Polokwane (Pietersburg) op haar boude by die trappe van die vliegtuig afskuifel en lyk dit my met haar terugvlug weer met die trappe op nie?
O.R. Tambo-lughawe is fucked-up. Die lughawe suig al van lankal af en gaan in die toekoms ook suig. En as Bid Air, wat SA Airlink se passasiersbystanddienste hanteer ook fucked-up is, dan is hulle.
Die eintlike ding wat ek nie verstaan nie, is hoekom vier mans haar nie net opgetel en van die trappe af gedra het nie? Ek laat my nie vertel daar was net vrouens en klein kindertjies op die vliegtuig nie.
Wat is nou so moeilik daaraan? Al wat hulle moes doen was om kliphard te sê: “Hey, die personeel hier is fucked-up. Kom ons help die vrou.” Dan tel hulle haar op en dra haar met die trappe af. Hoe lank gaan dit neem? Twintig sekondes? 30? Minder as ‘n minuut.
Dieselfde persoon van die passasiersbystandeenheid (PBE), wat ’n week gelede gesê het sy moet op haar boude by die trappe afskuif, het glo laggend vir Burger gesê: “Verlede week het jy op jou boude by die trappe afgegaan, dié week gaan jy met jou boude op.”
As ek daar was het ek daai ou wat dit vir haar gesê het net daar afgestof dat sy tande ratel.
Dis een ding as die personeel en diens moer sleg is, maar ek dink dis ‘n groter skande as al die mans net uit die vliegtuig storm en die vrou aan haar eie genade oorlaat dat sy sopnat reën op die aanloopbaan.
Kry ruggraat, manne! Julle sou niks oorgekom het deur die vrou te help nie. Nee wraggies! Julle is ‘n moerse skande.
Maart 19, 2008 at 2:00 nm |
O genade! Wil jy he mense moet aan ‘n vreemdeling raak? Hulle kan nie eers meer oogkontak maak nie, wat nog te se iemand help! Ons samelewing het niks meer oor vir ons medemens nie. Jy is een van die min…
Maart 19, 2008 at 2:17 nm |
Was gister daar. Ek staan buite en rook by International Departures, en sien ‘n vrou met ‘n flippen vol trollie sukkel om die ding se voorwiele oor die randsteen te kry. Reg langs die plek waar sy sukkel, staan ‘n groot, sterk man en rook. Ek dog hy gaan help. Hy kyk net vir haar. Eventually draai sy die trollie om, om die ding soos ‘n pram oor die randsteen te trek. Ek is net oppad om haar te gaan help, toe ‘n swart man die trollie oplig en oorhelp. En die groot, wit man staan en rook. Wat het geword van die gentelmen?
Maart 19, 2008 at 3:08 nm |
Laasweek dra ek twee groterige bokse (bo-op mekaar want ek is baie sterk! hehehe) tot die derde verdieping met die trappe op – drie mans druk verby my – en nie een van hulle het eers aangebied om te help dra nie! Die een sê nogal vir my ek moet pasop dat ek my nie dooddra nie!! Ek dog ek gooi hom met einste bokse – die d**s!!
Maart 20, 2008 at 9:08 vm |
Thanks Gertjie, hier gaan ek nog heeltyd af soos ‘n goedkoop wekker oor die swak diens van die lughawe en jy kom en moer my tussen die oë! Ek dink jou stelling geld vir ons vrouens ook, magtig ‘n paar vroue sou ook kon help. Sies ek skaam my vir myself. ‘n woeste eye-opener….
Maart 20, 2008 at 9:38 vm |
Stem saam met jou Pikkelik. Die vrouens kon ook mos maar gehelp het.
Maart 21, 2008 at 12:15 vm |
Skande, sies dis hoe mense nou geword het. Darem moet ek byvoeg kry mens op die platteland nog regte egte jentelmans. Stem saam die vrouens kon ook maar gehelp het.
Maart 21, 2008 at 1:15 nm |
Dit is regtig pateties! Ek wonder wat Bid Air se optrede teen daardie werknemer was/sal wees? As dit van my afgehang het, was daar die volgende dag ‘n vakature om te vul…
Wat die res van die passasiers betref – ewe pateties! Mag die blindesambok sy ding by hulle almal gaan doen! 10/10 vir die vlieënier wat ‘n gestremde van die vliegtuig afgedra het – dis wat ‘n ware man doen. ‘n Glimlag en ‘n grappie daarby, en dan is jy ‘n gentleman!
Maart 24, 2008 at 9:33 nm |
Ja-nee, jammer om dit nou hardop te se, maar vandag se mans (en mind you, vroue) het nie juis meer basiese goeie maniere nie. My tienerseun het onlangs in ‘n besige supermark gebuk om ‘n swartvrou se paar sente vir haar op te tel toe dit uit haar beursie val. Ek was so trots op hom. Dalk moet ons weer kyk na hoe ons ons kinders grootmaak?
Maart 24, 2008 at 9:38 nm |
O ja – ek moet darem byvoeg dat my (Engelse) man ‘n ware gentleman is. My seun herhaal maar wat hy by sy pa sien. Stel ons altyd ‘n goeie voorbeeld aan ons kinders?