Fokkit, daar is al meer mense agter die stuur op Suid-Afrika se paaie wat gladnie kan bestuur nie. Dit is so duidelik soos warm bier wat sleg is, dat hulle gladnie ‘n lisensie het nie, of ‘n lisensie gekoop het. Dis nie iets wat ek graag doen nie, maar more-oggend ry ek met die cage werk toe.
Ek is nie bygelowig nie, maar ek vermoed ek het baie luck opgebruik die afgelope langnaweek. En ek is bang my beskermengel vat ‘n smoke-break.
Saterdag oppad terug, net voor Magaliesburg, waar die pad kronkel en draaie maak, ry daar ‘n dom doos aan die verkeerde kant van die pad om ‘n blinde draai. Hy steek nie ‘n ander kar veby nie (wat in elk geval moer idioties sou gewees het), maar ry net aan die regterkant van die pad. Skielik was die wit Camry reg voor my. Ek pluk die bike eenkant toe, gaan van die pad af, mis die idioot in sy Camry met sentimeters, val met genade nie by die afgrond af nie, pluk die bike terug, fok die kant van die bike teen ‘n klip op en skeur my leerbroek. Vroutjie kalmeer my.
In Krugersdorp was daar ‘n ding wat gladnie kan bestuur nie. In ‘n swart Renault met donker ruite. Gooi ‘n U-turn net daar in die middel van die pad sonder om te kyk. Ek sit amper die bike neer, en toe wou ek bliksem. Die ding leun net vooroor, seker om deur daai donker voorruit te kan sien, met ‘n moerse dom uitdrukking op die gesig en fok voort. Kon nie eers op ‘n gelykpad wegtrek sonder om die kar te laat ruk nie. Ek gooi toe net die vinger en ry voort.
Vanaand staan en wag ek by die kruising vir die lig om groen te word. ‘n Dom aap kom van agter af en probeer nie eers om te stop vir die rooi lig nie. Ek trek weg en los ‘n swart streep op die pad en draai links op die grond, oor die randsteen, van die pad af, om te keer dat Dom Aap in die bike se agterkant vasry.
Padwoede.
So more-oggend gaan ek maar in die cage werk toe ry. Die bike moet in elk geval in gaan sodat die krapmerke op die kant reggemaak kan word. Voor ek moer toe gery word en om te keer dat ek ‘n padwoede-aanval kry. Voordat ek iemand uit sy kar pluk en hard begin bliksem. Voordat ek iemand in die gesig skop totdat al sy tande uit is. Voordat ek ‘n kar vol duike skop, sy windscreen met ‘n wheelspanner uitmoer, sy arms breek, sy neus breek, sy bande stukkend sny, ‘n aartappel in sy exhaust in druk…
Voordat ek my geskeurde broek in sy petroltenk druk, dit aan die brand steek en myself simpel lag as sy kar ontplof! Ha! Ha! Ha!
En dan rustig marshmallows braai terwyl die uitgebrande wrak van sy kar nog lekker warm kole laat gloei. Ek sal net moet onthou om sy kar se arial af te ruk. Lekker. ‘n Marshmallow wat goudbruin braai op die punt van sy arial terwyl sy kar uitbrand…
As iemand weet hoe om ‘n bazooka op die bike te monteer, kontak my. Een van daai goed wat die Boknaaiers op die Ratel 90 gebruik sal ook doen.
Maart 26, 2008 at 8:56 vm |
ja swaer, dai swart karre is die ergste van als! Mense het mos niks respek vir n bike nie!
Maart 26, 2008 at 12:07 nm |
Ek vloek my kar blou binne elke keer as ek iewers heen moet ry! Ek wil ook net iemand bliksem!
Maart 26, 2008 at 6:53 nm |
Ek voel soos jy en ek ry nie eers bike nie, net kar. Een oggend gaan ek uitklim en iemand slaan en dan gaan ek seker die res van die dag in die polisieselle deurbring. En vanaand moes ek in Johannesburg se verkeer ry. Bid vir my, maar jy sal moet lank en aanhoudend bid!
Maart 27, 2008 at 9:40 vm |
Trek Welkom toe. Hier is nie verkeersprobleme nie, en aansienlik minder idiote op die pad!