
Nee, ek is nie dronk of mal nie, ek laaik beurtkrag. Beurtkrag is piele, veral as die woonbuurt waar ek bly se krag AF is as gevolg van beurtkrag.
Sien, ek het my aquarium uitgesort. Met ‘n moerse UPS. As die krag afgaan omdat Eskom fucked-up was en is, weet die visse dit nie. Hulle is happy, so ek is happy.
En dan, soos enige proper man, laaik ek gadgets. Toe die beurtkrag begin het, het ek gadgets gaan koop. ‘n Gaslamp, kerse, blakers, nog ‘n No. 10 Cadac gasbottel, ‘n nuwe gasbraaier, ‘n herlaaibare lamp, ‘n opwen flits ensovoorts.
En ek kan mos nie die nuwe goed gebruik as die krag nie afgaan nie. OK, ek seker maak asof die krag af is, maar dit is nie dieselfde nie. Amper soos ‘n vrou wat dit fake; dit is nie regtig nie. Eishkom stel egter nie teleur nie, die krag gaan genuine af. Period.
En as die krag af gaan, kan ek die gadgets gebruik. Die gaslamp gooi ‘n vriendelike, verblindende wit lig, nadat ek dit gelight het met die nuwe lighter – een van daai met die lang voorkante. Die kerse is romanties en verskaf ‘n sagte, geel-oranje lig. Die gasbraaier werk lekker, alhoewel ek eerder met hout braai. Daar is mos niks so lekker soos ‘n knetterende vuurtjie wat vonkies skiet in die aand nie, of hoe?
En ek is getroud. Jarre lank al. Maar ek vind nogsteeds Vroutjie se kurwes vrek moer ekstra fokken baie mooi. So as ek besig is om tiet of boudjies of iets anders te kyk en die krag gaan af, hou ek net aan kyk en streel, want die herlaaibare lamp skakel self aan as die krag afgaan. Cool! Dit alles terwyl die vleisie buite oor die kole tan en die aartappels wat in foelie toegedraai is, gaar word tussen die kole
Die opwenflits is net so diep cool, want as ek die aanstekers of iets anders in die garage gaan soek, en die battery is pap, gee ek net so 30 sekondes se draai aan die slinger, en die flits gooi lig.
En dan is daar die lekkerste van alles. Wanneer Vroutjie vir my sê: “Gertjie, kom ons gaan stort sommer saam om warm water te bespaar en dan gaan klim ons in die bed terwyl ons nou nie TV kan kyk nie…”
Eskom! Ek volunteer elke aand vir beurtkrag.
Maart 27, 2008 at 4:01 nm |
Gert, dis seker waar die gesegte vandaan kom, elke donker wolk het ‘n silwer randjie. Ek’t lekker gelees maar die een gaan ek wragtig nie vir Mynick wys nie… Netnou kry hy idees!
Maart 27, 2008 at 9:36 nm |
Jinne… ek like ook gadgets, gaan jy die enigste ou wees wat eendag betoog dat beurtkrag nie moet stop nie??
…of trip jy dan sommer self die krag?
Maart 28, 2008 at 10:28 vm |
Ons gaan die naweek kamp, so beurtkrag sal ons nie pla nie. En ek het ook ‘n nuwe speelding om te toets!
Maart 28, 2008 at 11:22 vm |
Dis bleddie unfair dat jy beurtkrag in die aand het. Ons s’n is altyd in die dag, en dis nie naastenby soveel pret nie.