Thanks vir al die mense wat gewonder het waarheen ek “verdwyn” het.
Wel, ek is nou terug by die werk en terug by die blog en alles. Ek was nie regtig weg nie, maar ‘n klein korrel het my neergemoer vir ‘n rukkie. ‘n Niersteen.
Dit het gevoel asof daar yskoue, vlymskerp messe is wat my stukkend sny toe ek ‘n pis vang langs die pad. En toe begin dit eers regtig seer word. Die pyn het al vroeër begin, maar ek dag toe dis maar sommer iets wat oor sal waai.
Toe is ek en Vroutjie nog te moer and gone ver van ‘n hospitaal af. Seker so 7 kilometer, maar met daai pyn het dit gevoel asof dit ‘n 5000km lange marteltog is. Ek klim huilend en vloekend agter-op en Vroutjie laat waai. Elke keer wat die bike oor ‘n hobbel in die pad gaan, voel dit asof daai massiewe rots my binnegoed stukkend skeur.
Die dokter dag toe eers ek het van die bike afgeval of iets want ek vloek en huil en kla en kerm terwyl Vroutjie probeer verduidelik en ek my baadjie probeer uittrek. Eers toe ek net daar op die vloer kots, kon Vroutjie ‘n woord inkry en die dokter verstaan.
O nee, hene, die spulletjie was ‘n erge marteling. Ek hoop nie ek kry dit ooit weer nie. Van nou af gaan ek baie water drink. Belowe.
Nou is ek darem terug en die steen is uit. Ek word nog bang en bewerig as ek aan die pyn dink, maar verder leef ek nog.
April 7, 2008 at 8:43 vm |
Jislaaikit Gert! Ek het jou gemis jong!
Is egter baie bly om te hoor dit gaan nou beter!!
April 7, 2008 at 11:31 vm |
Genade! Ons het al ‘n soekgeselskap uitgestuur vir jou!
Ek het al gehoor dat nierstene besonder pynlik is! Bly jy is beter…
April 7, 2008 at 2:43 nm |
Jinne! Welkom terug!
Ek ken daai korreltjie – nie ‘n man se maat nie! Ek het hom al twee keer gehad, en altwee kere uitge-pass van die pyn. Baie bier help – eventually…
April 7, 2008 at 2:58 nm |
“Hulle” reken dis die naaste wat ‘n man ooit sal kom aan kraampyne verstaan… bly om te hoor jy is OK.
April 7, 2008 at 3:11 nm |
Liewer jy as ek ou pêl. Bly jy is weer met ons.
April 7, 2008 at 3:16 nm |
Welkom terug Gert, was nogal gewaried vir ‘n ruk. Soldaat is reg, bier help. Voorspoed.
April 8, 2008 at 8:01 vm |
Ja welkom terug! Gelukkig het daai pyne my nog nooit oorval nie. Ek dink ek gaan gou nog ‘n glas water drink….
April 8, 2008 at 12:49 nm |
Welkom by die niersteen klub! Al sewe nierstene gehad. Albei kante. Ek dink dit is soos om geboorte te skenk aan klip met skerp punte. D*%d@rs seer.
April 8, 2008 at 12:51 nm |
Welkom by die niersteen klub! Al sewe nierstene gehad. Albei kante. Ek dink dit is soos om geboorte te skenk aan klip met skerp punte. D*%d@rs seer.
April 11, 2008 at 5:07 nm |
Ek hoor ookmaar die stories van die nierstene so…nou moet ek net vra, het jy hom op die “natuurlike manier” uitgepasseer? Ohhhh eeeiiinaaaa!
Baie welkom terug!