You’re fired!

Nie maklike woorde om vir iemand te sê nie, maar soms moet dit net gedoen word.

Een van die ouens by die werk se vrou het ‘n tweeling gekry. Toe tune ek hom hy moet net relax en ‘n maand se verlof vat. Toe stuur ek hom huistoe en vir sy vrou namens die werk ‘n kaartjie en stuff vir die kiddies. En bel die personeelagentskap vir ‘n “temp”.

Die temp kom toe gister hier aan. Wys my sy kwalifikasies, alhoewel hy nog geen noemenswaardige ondervinding het nie, en belowe hy kan die werk doen. Hy belowe ook hy sal hard werk en dat hy regtig die werk nodig het.

Ja, wel, die agentskap het net een temp gestuur en ek vat toe maar die ou. Gee hom ‘n kans om darem vir ‘n maand lank ‘n pay te kry. As hy sukkel, sal ek of een van die ander hom help.

Vanoggend kom hy toe baie laat hier by die werk aan. (Nadat hy ook geteken het en belowe het “transport” is nie ‘n probleem nie.)

Kyk, ek laaik dit fokkol as iemand laat kom by die werk. En nog meer as hy ‘n flou vrot kak verskoning het. Dis seker maar so vandat ek in die SAW was, maar ek raak dik moerig as iemand laat is vir “parade”. So as hy 10:50 i.p.v. 08:30 by die werk aangesluip kom, dan swaai my moermeter tot diep in die rooi in. As ek elke oggend alreeds 07:00 daar is, dan verwag ek almal moet teen 08:30 daar wees. Verstaan? Verstaan?

Ek het dit ook so aan hom verduidelik.

Maar wraggies, hy kom laat. Ek kak hom uit en gee vir hom werk. Laat dit daar.

O jinne fokkertjie tog! Die ou het nie eers die verskil tussen ‘n shifting en ‘n hamer geken nie. Hy het die torque wrench gebruik om wielmoere mee los te draai, en toe ek hom vra waarvoor die spanner is, weet hy fokkol!!!

En so gaan dit die hele dag aan.

Uiteindelik tel ek toe maar die foon op en laat die personeelagentskap weet dat hy nie weer hoef terug te kom nie. Hy is gefire.

Intussen het die sekretaresse uitgevind sy kwalifikasies is vervals. (Ek betaal die personeelagentskap, so ek verwag hulle gaan die kandidate se kwalifikasies na. Dis hoekom ek hulle betaal. Om gekwalifiseerde personeel te verskaf. Dit is die diens wat hulle behoort te lewer.)

So nou wag ek maar om te sien watter nuwe temp gaan môre opdaag. Daai personeelagentskap loop op vrek dun ys.

3 Responses to “You’re fired!”

  1. Rustig Says:

    Jy beter nie in Ierland kom werk nie. Die moere weet ook nie van tyd nie en “hangover” is geldige verskoning om glad nie te kom werk nie. Weg bly van werk is ook niks snaaks nie.
    Dink vervalste kwalifikasies is toekoms in SA. Jou moer was seker so warm teen uitval tyd dat mens kon sweis met jou.
    :)

  2. Wipneus! Says:

    Ja, nee “fire” hom ek haat dit ook as iemand laat is, dis sommer slapgeit!

  3. Da Mario Says:

    ‘n “Shifting” is mos daai ding waarop jy sockets sit, wat so heen en weer slide op daai rod…. :twisted:
    Gee die man ‘n graaf en pik… :mrgreen: …. dis nou as hy nie die graaf breek, vir skrootyster verkoop, die piksteel gebruik om mee vuur te maak en die pik saammet die graaf smous nie…

Leave a Reply