Vars op die rak en net betyds om gou te lees voordat die naweek begin.
Inhoud:
‘n Klein dogtertjie speel in die tuin toe sy twee spinnekoppe sien paar…
As ek saans met my maats om die kampvuur…
Baie Afrikaanse mense sit nou in die buiteland – ons weet wat die redes daarvoor is. Dit lyk vir my daar is meer as een manier om ‘n ekspat te wees…
4. Bou ‘n muur
Moenie net wegval en begin sement meng, bier drink en stene pak nie. Jaco vertel jou hoe.
Suid-Afrika: Waar is die reënboog? Ek het die reënboog in die Kaap gaan soek, maar dit was donker daar. Die krag het getrip…
Wat weet ons van die mishandeling en verwaarlosing van ons bejaardes?
Da Mario gaan kyk wat gaan aan dat party nie meer wil blog nie of sommer net ophou.
8. Depressie is nie ‘n grap nie
As ons na depressie kyk, waarvan daar baie vorme is, dink ek moet ons eers verder terug kyk. Dit is nie ‘n nuwe siekte nie, mense was nog altyd depressief, deur die eeue is hulle maar net uitgestoot, in sanitoriums gesit, in kamers opgesluit, randfigure geword of selfmoord gepleeg. Dieselfde geld vir alle ander siektes van die brein…
Waarvoor gebruik jy jou tong? Om te proe? Om ander mense goed of sleg te sè? Om te bid?

April 18, 2008 at 4:35 pm |
Gert hoe werk hierdie tydskrif van jou? Is dit iewers te kry in gedrukte vorm? Ook: ek sien jy doen moeite om aan te dui dat die meisies se fotos Ope-inhoud is, maar gebruik ander bloggers se artikels sonder toestemming. Wat my betref is dit gaaf – ek voel gevlei om GG te haal, maar ek weet nie of jy kan aanneem dat almal altyd so sal voel nie.
April 18, 2008 at 4:47 pm |
Whoopii!
Ek het die voorblad gehaal! En ek gee glad nie om nie!
Oulike stukkie werk, weereens, en net betyds vir die naweek. Geniet julle s’n!
April 18, 2008 at 5:59 pm |
April 18, 2008 at 6:05 pm |
Dankie vir jou kommentaar, Alleman.
Die “GG” tydskrif is nie in gedrukte vorm te kry nie. Net hier by hierdie blog. Ook nie volgens vaste datums soos byvoorbeeld die “Huisgenoot” of die “Landbou Weekblad” nie wat elke week verskyn nie.
Die inhoud:
a.) Die fotos. Die fotos wat ek gebruik, is almal of my eie, of in die publieke domein, of is beskikbaar onder een van die “Creative Commons” lisensies. Ope-inhoud. Volgens die vereistes van die betrokke lisensie.
Indien die fotos my eie is, en ek toestemming van die model het, kan ek die foto gebruik en verander aangesien die regte aan my behoort en die model ingestem het. Natuurlik volgens die model se vereistes. Die model kan byvoorbeeld instem dat ek haar foto mag gebruik, maar nie so dat haar gesig en sy dus, herkenbaar is nie. Of sy kan alle regte prysgee of sy kan vereis dat ek nie die foto vir kommersiele gewin mag gebruik nie, byvoorbeeld die GG tydskrif verkoop of selfs advertensies op hierdie blog plaas en sodoende ‘n inkomste uit haar maak nie.
Indien jy op die foto van byvoorbeeld die bikini meisie kliek, sal jy sien dat die betrokke foto in sy geheel deur my gebruik word, en gestoor word by gertgeriep.wordpress.com. volgens die betrokke lisensie en regte van die “Creative Commons”.
b.) Die artikels wat gebruik word.
Die WWW werk volgens skakels. Skakels is die ruggraat van die WWW en soveel te meer by weblogs. Daarom dat daar “blogrolls” en “trackbacks” ens. by blogs is.
Maar hoeveel van die inhoud word gebruik?
Bogenoemde vraag is gewoonlik waar die probleme ontstaan. Kom ek bespreek dit.
Die Ingelse en Amerikaners het ‘n vieslike term, “Fair Use”, wat propvol diep en gevaarlike slaggate is. Byvoorbeeld: Hoeveel inhoud is “Fair Use”. Alles? Die helfte? Genoeg om sin te maak?
Die artikels wat ek gebruik, val nie eens onder “Fair Use” nie, maar gewoonweg onder die struktuur van die WWW.
Indien jy een van die skakels van die artikels volg, sal jy sien dat die inhoud nie by gertgariep.wordpress gestoor word nie, maar by die betrokke blog self. By die oosprong van die inhoud. Ek skakel dus net na die oorspronklike inhoud.
Maar ek gebruik dan ‘n gedeelte van die inhoud of ‘n beskrywing net onder die skakel.
Bogenoemde stelling kan die volgende vraag laat ontstaan: Skakel ek of steel ek?
Die antwoord op bogenoemde vraag kan baie ingewikkeld raak, maar met die GG tydskrif, hou ek dit eenvoudig.
Toets: Is die beskrywing so volledig sodat die hele doel en opinie op my blog – gertgariep.wordpress.com duidelik is?
Die antwoord is “Nee”.
Voorbeeld:
Kom ons kyk na die eerste artikel. Ietsie bietsie spider.
Deur net die beskrywing op hierdie blog, “‘n Klein dogtertjie speel in die tuin toe sy twee spinnekoppe sien paar…” te lees, gaan niemand die grap vang nie. Die leser moet die skakel volg na Bamboes se blog om die doel te verstaan.
Nog ‘n voorbeeld: Die leser van GG kan nie ‘n muur bou, of genoegsame inligting verkry met die beskrywing “Moenie net wegval en begin sement meng, bier drink en stene pak nie. Jaco vertel jou hoe.” nie. Die leser moet die skakel volg na die Wosonkis se blog om die inligting te verkry.
Dit is ook die beginsel waarvolgens soek-enjins werk. Nie om die hele artikel as ‘n resultaat te verskaf nie, maar net genoeg relevante inligting sodat die gebruiker die skakel kan volg na die oorspronklike webblad.
Jy sal dus sien dat die GG-tydskrif beter is as “Fair use”.
Volgens [slaggat, diep] “Fair Use” behoort ek byvoorbeeld die volledige artikel van Jaco te gebruik, EN dan my opinie te lug dat sy metode verkeerd is, EN dan verduidelik ek hoekom op my eie blog.
Volgens die GG-tydskrif se skakels en beskrywing, kan jy egter nie anders as om Jaco se blog te besoek nie. Die GG-tydskrif gee nie genoegdame inligting nie, maar skakel slegs na Jaco se artikel.
Die GG-tydskrif bestaan dus net uit ‘n voorblad, die inhoud slaag die toets van skakel na ander webblogs, en die fotos van die meisies voldoen aan die voorwaardes.
Opsomming:
Die meisies se fotos word gestoor by hierdie blog, volgens die lisensie voorwaardes en regte toegestaan. Indien dit my eie foto is, met die toestemming van die model, het ek self regte om dit te gebruik.
Die inhoud skakel slegs na die betrokke weblogs.
Die inhoud voldoen aan die privaatheidstellings van die betrokke weblogs, aangesien ‘n “robot” of “spider” nie nie slegs ‘n program kan wees nie, maar ook ‘n fisieke mens wat die skakels nagaan.
Geen van die weblogs waarvan die artikels gebruik is, is privaat nie, d.w.s blokkeer “robots” of “spiders” nie, en volgens die toets vir ‘n skakel is dit dus in orde om na die betrokke bladsye te skakel, aangesien slegs ‘n beskrywing op hierdie blog vertoon word. Die besoeker moet na die oorspronklike webblad gaan om die volledige artikel te kan volg.
April 18, 2008 at 6:15 pm |
O ja, Jaco, ek gebruik net jou muur-bou as ‘n voorbeeld. Ek kan gladnie bou nie!
April 18, 2008 at 9:15 pm |
Well done ou grote!
Het jou amper gehad met die braaiwet stry?
April 18, 2008 at 9:25 pm |
Sjoe jy het baie moeite gedoen om my te antwoord, en jy is heeltemal reg. My kommentaar was maar net oor as daar ‘n gedrukte tydskrif was – wat miskien nie ‘n slegte idee is nie.
April 19, 2008 at 10:30 am |
Heel oulik, ek hou veral van jou model se skoene…
April 19, 2008 at 6:38 pm |
Ja nee, wragtag. Nooit gedink ek sal die voorblad haal van iets nie (al is dit nou oor so grim onderwerp).
April 20, 2008 at 2:49 pm |
2 uitgawes in ‘n ry. Hel ek dink ek moet nou ‘n groot kop ontwikkel, leer dans en my vrou los vir een of ander blonde TV presenter.
Intussen moet ek dalk ‘n reseppie opkook vir hoe om ‘n braai te bou.
April 20, 2008 at 6:50 pm |
‘n Truimph het nog nooit so goed gelyk nie…
April 20, 2008 at 7:39 pm |
Lyfie, gelukkig is jou van nie Venter nie, anders het ek nou begin worry . . .
April 21, 2008 at 8:11 am |
Ek het ook jou voorblad gehaal, dankie jy!!
April 21, 2008 at 3:01 pm |
Great stuff! Mooi bike!
April 21, 2008 at 5:32 pm |
Hei dankie. Ek sien ek het jou tydskrif gehaal. Lekker!
April 22, 2008 at 10:42 am |
Daai onderste bikini meisie in die sonsondergang lyk darem verskriklik baie na Netjane. Ek het nie geweet jy ken haar nie Gert!