Nou hoekom lyk GG nou so?

Scroll af om te sien hoe lyk die nuwe voorblad van die derde uitgawe van GG.

Waar is die sexy meisie!!!???

Wel sien, klein Sannie en Kosie lees ook blykbaar die blog, en Jessie het daar op die voorblad gepryk met net skoene aan.

Kosie mag kondome gratis kry, Sannie mag op die Pil gaan en ‘n aborsie kry, maar Kosie en Sannie mag nie soen nie en Kosie mag ook nie vir die kale Jessie op die blog kyk en dan drome oor Sannie begin kry nie. Sannie mag ook nie kyk na die prentjie van Jessie wat net skoene dra nie.

Na ‘n leser van die blog vir my ‘n baie kwaai e-pos gestuur het en later sommer nog een, het ek besluit dat GG van nou af  gesinsvriendelik gaan wees. Dan kan Oupa, Ouma, Ma, Pa, Boetie en Sussie die blog lees sonder dat Oupa verlang na die dae toe Ouma nog soos Jessie gelyk het.

So, nou kan Kosie droom oor die Triumph Daytona en sy Ma grys hare gee, terwyl Sannie kan droom Kosie gaan haar eendag agterop laai en dan gaan sy ‘n rowwe biker chick word. Pa kan hardop saamstem met Ma dat Kosie nie ‘n bike mag kry nie en saam met Oupa praat oor die lekker van bike ry terwyl hulle braai en bier drink en Ouma die slaai in die kombuis maak.

12 Responses to “Nou hoekom lyk GG nou so?”

  1. Jaco Says:

    Haai jinne, ek sien nou eers daar was ‘n bike ook op die voorblad. Beteken dit nou dat ons ook nie meer mag vloek nie?
    Ek dink wie ookal vir jou die kwaai e-mails geskryf het vat dinge darem te ver.

  2. Roer Says:

    Ai ou Gert. Ek weet nie wie die busy body is wat die epos vir jou gestuur nie, maar ek is sommer baie trots op jou. /me knyp Gert se wang. Daai girlie het my ook gepla (ja, rol maar julle ogies), maar ek het niks gesê nie. Dis jou blog. Solank dit nie full-on porn is nie, is dit seker maar ok. Jy is ‘n baie konsidererende ou. Die motorfiets, in my beskeie opinie, lyk inelkgeval baie beter as enige half naak dingetjie. Vrou OF man.

  3. Dellie Says:

    Die girl het my nie rerig gepla nie, (infact, Liefie het dit nogal gelike toe ek hom wys!) maar ek stem saam met Roer dat dit baie bedagsaam van jou is om al jou lesers gelukkig te hou. Ek is trots op jou. :wink:

  4. Pikkelik Says:

    Jy is darem so ‘n nice outjie. :P Neem altyd ander in ag!

  5. René Says:

    Die girlie het my ook glad nie gepla nie - dit was mos nie porn nie!

    In my opinie - as mense op ‘n blog kom en hulle hou nie van wat hulle sien nie - move on people! Daar is genoeg ander blogs wat gelees kan word!! Vir my is dit so eenvoudig soos dit!

    Daar is beslis net een Gert Gariep in die blogosfeer en ek en vele ander geniet jou blog verskriklik!!

    Gert, moenie dat mense vir jou voorskryf wat jy met jou blog moet maak nie!! Dis jou spasie - f(r)ok die nasie!! :mrgreen:

  6. Rustig Says:

    Genade! Moet ek dan nou my kaalboude Avatar dan nou ook verwyder van my blog? Was seker weer predikants vrou wat moes trou wat vir jou die email gestuur het. Jaloers want haar borste en boude hang nou pap “tires”.
    :)

  7. Da Mario Says:

    Blogs kan gemerk word as dat dit “Adult Content” bevat. Hoekom het die klaer nie daardie roete gevolg as hulle dan nou so omgekrap is nie??
    Ag nee wat… ek stem nogal saam met Jaco en René op hierdie ene. En om te add, ek dink sexy girls is nogal cool. Ek lees hier omdat ek dit wat jy skryf geniet, en as daar hier en daar ‘n sexy girl is, dan is dit ‘n bonus. Wat as iemand gaan begin kla dat bikes gevaarlik is en en en? Hoe ver strek ons openbare aanspreeklikheid?

    As Mamma of Pappa bang is klein Jannie of Sannie sien hier ‘n sexy girl, hoe weerhou hulle die kinders van die werklik rowwe sites wat die hele internet vol is? Ek dink daai persoon was effe kleinlik.

  8. knersis Says:

    Tien uit tien vir omsigtigheid en konsiderasie maar ek stem saam met DM, wat jy skryf is wat maak dat my kompioeter aanhoudend vanself konnekteer na jou blog toe elke slag as ek die ding opstart, maar jinne, die girlies gaan mos saam met die bikes. Dis soos brood sonder jam om die twee te skei, (hê, hê). Maar ek respekteer jou siening en waardeer jou respek vir ander.

  9. Zee Says:

    Gert, my persoonlike opinie, ek hou ook meer vannie motorfiets…. ja ek is ‘n motorbike fan :lol:

    Dis waar wat almal hierbo sê, dis baie bedagsaam van jou in any case.

  10. TristonJ Says:

    :lol: ai partymense!

  11. sonkind Says:

    Ag Gert, ons nou jou sommer Gawie van nou af :twisted:

    Ek het wragtig nie eers die logo behoorlik raakgesien nie, ek like net om jou posts te lees. As dit nou ‘n kaal MAN was, nou ja. Maar toemaar, dalk volgende keer? ;-)

  12. Wipneus! Says:

    Gert, gaan jou blog nou Age restriction op hê? :lol:

Leave a Reply