En hier is die vierde uitgawe. Ek het dit sommer gou aanmekaargeslaan om darem iets hier op die blog te gooi voordat die naweek begin.
Soos julle op die voorblad sal kan sien, is die bikini-meisie nie heeltemal weg nie.
Aan die tannie wat so erg gekla het: Die meisie het alles bedek wat toe en bedek moet wees. As jy nou weer kla en kerm gaan ek jou ‘n dowe gooi.
Die foto wat vir die voorblad gebruik is, is van die Vitali strand in Andros, Griekeland. Sodat julle darem bietjie kan droom oor die son, see en blou lug terwyl die seisoene draai en die winter Suid-Afrika bekruip.
En dan val ek sommer weg met die meisie in die bikini wat natuurlik sinoniem met pragtige strande is.
Nee ek vloek julle nie deur vir julle te sê: “Naai man, djulle se hoel!” nie. Jy kan ook nie met jou 500 scrambler of jou 1988 Corolla soontoe ry vir die naweek nie, al haak jy ‘n Venter met baie meel en bier en jou ou army-slaapsak.
In geheel gesien is Seoul ‘n moderne Eerste Wereldstad met ‘n aansteeklike dinamika en ‘n polsende lewe. Dis skoon, netjies, veilig en bied jou oneindige opsies om jou tyd op te spandeer. Koreane kan met reg daarop aanspraak maak dat Seoul die siel van Asie is.
Kuier Uncle toe mos nou die dag saam met ‚n klomp vrinne toe so ander jafel inspraak maak op die gesprek synde hy nou ook van iewers in onse mooie land afkomstig is en afrikaans as huistaal in gemeen het met die res van ons. Hoe dit ook al sy stel die knaap homself voor as Gotlieb van Greeunen vanaf iewers dukant Tjepees halfway tussen Messina en Nerens.
Maar, Groot MAAR, dis niè my probleem nie, my probleem lê by my boude. Julle sien, elke keer as ek een van daai verdomde deuntjies hoor, neem hulle oor. Ek is oortuig hulle het ‘n wil van hul eie.
Jy is nou al gatvol vir takeaways en jou neef van Orkney het ‘n paar hoenders saamgebring toe hy vir jou kom kuier het. As dit reën terwyl jy wil braai, moenie sukkel met rook wat jou oë brand en ‘n vuur wat vrek nie. Maak die hoenderpastei.
In ‘n groterige pot, met klein bietjie olyfolie, braai die ui tot deurskynend. Gooi sampioene en knoffel by en braai vir so 4 minute terwyl jy roer. Gooi nou die gaar hoender stukkies…
Die naweek is op ons. Mense, maak tog seker julle ry veilig.
Met die langnaweke wat voorlê, is dit nie iets waaraan ons wil dink nie, maar daar gaan ongelukke wees. Daar gaan 5 Mei heelwat minder mense in Suid Afrika wees.
Hangovers – Net die raad vir jou
As jy nou nie soos ‘n doos maak en bestuur terwyl jy dronk is nie, en jy het ‘n hangover gedurende die naweek, is hier ehm.. raad.
Om hangovers te fight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink.
Daar’s gewoonlik een goue reël wat feitlik altyd effektief is…
As jy ooit trou, moenie op my staatmaak om jou bruid by die kerk te besorg nie. Ek gaan met die bike opdaag en jou bruid gaan ‘n fit vang. Jy ook as jy sien hoe vuil haar wit rok geword het terwyl sy agterop gesit het en ek ‘n olierige modderplas getref het op die highway. Daar gaan ook vrek baie insekte teen die rok vasvlieg. En sy gaan baie laat wees, want ek gaan eers gou braai langs die pad. Dan gaan ek haar sluier gebruik om my hande af te vee want ek draai die vleis met my hand om.
Dink baie mooi voor jy besluit wie jou gaan aanry kerk toe op jou troudag. My niggie het nie en die prys betaal…
F-16
En dan laastens: Waar is die Afrikaanse blogs??
OK, ek weet hulle is by iblog en blat en wordpress en blogspot ensovoorts, maar is daar nie ‘n directory of iets waar mens die Afrikaanse blogs wat nog aktief is, kan opspoor nie?
Dan wil dit vir my voorkom asof die Afrikaanse blogs se leeftyd nie baie lank is nie. Ek volg maar die skakels op ander bloggers se “blogroll” en so aan, maar daar is vrek baie Afrikaanse blogs wat nie meer bestaan nie, of so lank laas ‘n post gekry het, dat dit eintlik dooie blogs geword het. Weggegooi en laat staan deur die eienaar.
As daar iewers ‘n plek is waar mens Afrikaanse blogs kan kry, laat weet my. Nie net die by WordPress nie, die ander ook.
Geniet julle naweek!!



April 26, 2008 at 12:28 nm |
April 26, 2008 at 1:42 nm |
Ou Jasper se Gotlieb Grootlieg is my gunsteling blog storie by verre. Wel gedaan. GG is regtig veelsydig.
April 26, 2008 at 2:06 nm |
‘n ou kennis laat weet my nou die dag hulle het weer vir Gotlieb raakgeloop….
Blykbaar is die knaap nog steeds dieselfde
Aitog!
April 28, 2008 at 6:13 nm |
Wat ‘n oulike idee.
Doen so voort – jy is op pad om Shuttleworth se inkomste te genereer hier.
Karl
Mei 1, 2008 at 3:39 nm |
Ag dankie dat jy aan my ook gedink het Gert!!!! Nou nie ‘n vreeslike vleiende inskrywing wat jy gekies het nie, maar ek waardeer die gebaar.