Begrafnisse
‘n Begrafnis suig. Dis hoe ek daaroor voel. Nou nie die kis wat afsak en die grond wat daaroor gegooi word nie. Die mense.
Die dominee preek en almal luister en beaam. Dit was ‘n goeie ou. Dis hoe die lewe werk, stof tot stof… warra warra warra.
Die ou is dood en gaan begrawe word. In die kerk en by die graf en die teedrinkery daarna hou baie van die mense hulle hoogheilig en praat net goed van die ou. Die ou wie se liggaam stadig in ‘n houtkis in die grond afsak.
Hou op om skynheilig langs ‘n graf te staan en praat goed van mense terwyl hulle nog lewe.
May 15, 2008 at 10:09 pm
Jy slaan die spyker op die kop Gert! Begrafnisse suig definitief. Ek moes al koebaai se aan 12 nearest and dearest. “Praat goed van mense terwyl hulle nog lewe” - Amen. Sela. Ek lees gereeld maar comment nooit, maar moet vra hoekom die post? Jy okay?
May 16, 2008 at 12:04 am
Dankie vir die kommentaar, Liezl. ‘n Werks-kollega en vriend wat op die ouderdom van 78 jaar oorlede is. Ja, ek is okay. Soort van. Dit vat maar aan ‘n mens om iemand aan die dood af te staan. Niemand hou daarvan nie, maar niemand op aarde kan dit vermy nie.
May 16, 2008 at 3:18 pm
Amen… !
May 16, 2008 at 5:15 pm
Ag dankie tog! Iemand wat ook soos ek dink.
May 16, 2008 at 5:29 pm
Ek hoor presies wat jy sê en stem heeltemal saam met alles, maar ek dink nie dis noodwendig skynheiligheid om die goeie te onthou en die slegte te wil vergeet nie. Miskien het dit dalk eerder iets te doen met die gebroke werklikheid waarin ons lewe. Selfs in die mees ideale verhoudings sal daar altyd ‘n mate van ambivalensie wees. Daar sal altyd iets wees wat ons van die ander persoon pla, al is dit hoe gering.
My boet moes ek baie onlangs groet, vir my sal hy nooit sterf solank sy nagedagtenis in my hart bly leef nie. Ek wil die herinneringe aan hom vertroetel soos ek in my hart oor hom voel: Ek het hom lief, met foute en al. Dis nie lekker om te hoor dat ander mense mag dink ek hou myself hoogheilig as ek verkies om sy swakhede onder die mantel van liefde te wil bedek en eerder sy goeie punte liefdevol wil onthou nie (dit kon so maklik andersom ook gewees het, dit kon ek gewees het).
Ek dink dis eerder genade wat ons van Bo ontvang om juis in hierdie tyd oordrewe in ons vergifnis teenoor ons gestorwenes te wees, want met ‘n verskeurde gemoed is ons genadeloos in ons onvergewensgesindheid teenoor onsself. In hierdie seer tyd oorskry skuldgevoelens en selfverwyt alle grense van redelikheid…
Dankie vir ‘n inskrywing wat my gedwing het om by myself ‘n draai te maak. Dankie dat ek dit vir myself hier op jou blog kon uitsorteer het, dit het my ook verlede week gepla. Ek het dit so nodig gehad vandag…
Lekker naweek vir jou en jou gesin.
May 16, 2008 at 6:27 pm
In ‘n paar woorde het jy alles gesê wat ek ook van die begrafnis storie dink…..
gee blomme vir die lewendes…
May 16, 2008 at 7:29 pm
Jammer oor jou verlies. Hang in there!’n Goeie vriend van my “doen nie” begrafnisse nie. Op die presiese tyd wanneer die kerkklokke begin lui, gaan sit hy iewers met ‘n paar biere en neem so, op sy eie tyd, afskeid, net hy en sy private herinneringe. Ek het BAIE respek vir sy manier van doen.
May 16, 2008 at 9:17 pm
My ouers het my geleer ons asseblief en dankie te sê vir die lewendes. Die dooies het geen begeerte om dit te hoor nie.
May 18, 2008 at 6:44 pm
Baie waar woorde, GertGariep. Ek “doen” ook nie sommer begrafnisse nie - dis meeste van die tyd erg skynheilig…
May 18, 2008 at 7:40 pm
Ek gaan net as ek moet, soos met my ma se diens. Ek haat dit dat die naaste familie voor moet sit want ek hou nie daarvan om “in die oë” te wees nie. Met my ouma se begrafnis was daar mense wat nie een keer kom kuier het toe sy vir meer as ‘n jaar teen kanker gestry het terwyl ek en my man haar versorg het nie. Ek bly weg as dit net kennisse was - dit is iets intiem vir naaste familie en vriende.