Om te moer of nie?
Party mense moet net gemoer word. Hulle moet ‘n moerse vuis kry.
Die naweek was ek en Vroutjie na ‘n verjaarsdagpartytjie toe. Daar aangekom maak die manne solank vuur en knak ‘n bier. Die vrouens ruil resepte uit en maak slaai in die kombuis. Heel rustig.
Toe daag daar een of ander fuck-up op wat aan ‘n erge graad van ‘n minderwaardigheidskompleks moet ly of iets. Eintlik is hy net ‘n pap vrot muis. Dis die ou wat gemoer moet word.
Hy sê sy vrou so sleg voor almal dat die see haar nie kan afwas nie. En elke keer as sy krimp van skaamte, dan lag hy en kry lekker. Niemand steur hulle aan hom nie en probeer wegpraat van die persoonlike goed waarmee hy sy vrou tot in die grond in afkraak en vertrap, maar as die stupid tappet die geleentheid kry, dan trek hy los en sê sy vrou sleg. En lag sy gat af.
Ek sien hoe seer kry sy vrou en begin planne maak om hom te moer. Nie daar onder die lapa waar ons kuier nie, want daar is kinders ook wat daar rond speel. Miskien daar agter in die donker as hy ‘n draai loop…
Ek sit toe rustig en kuier en wag dat die ou opstaan. Daar kom ‘n dogtertjie aan en vat ‘n handjie vol Simba chips uit die bak wat op die tafel staan. Dit is toe Muis se dogtertjie. Hy sê haar so sleg en tart haar so baie omdat sy eet, “vet seekoei”, en so aan totdat sy huil. (Sy is glad nie naby aan oorgewig nie.) Toe voel hy lekker. Daai vieslike, smerige smile sit breed oor sy gevreet. Ek kon sommer sien hoe sy dogtertjie se hele wese wegkrimp.
Ek staan op en Vroutjie trek my sterk in die stoel terug met haar klein handjie. Haar oë vertel sy weet wat ek wil doen en dat ek nie moet nie. “Susan* gaan dit ontgeld as hulle by die huis kom en dan is jy nie daar nie.” fluister Vroutjie in my oor.
Toe sit ek eers en dink. Moer ek vir Muis, haal hy dit later by sy huis op sy vrou en kind uit. Dan maak ek eintlik kak vir sy vrou en dogtertjie.
Ek hou my toe maar in. Later vertrek Muis en ek hoor by die mense dat hy dit al lank doen. By die huis mishadel hy haar nie net verbaal nie, maar rand haar ook fisiek aan. Susan wil hom nie los omdat hy haar mishandel nie want sy is ‘n huisvrou en wil nie wegbreek sonder ‘n inkomste nie. Hy manipuleer haar ook so en sy is so vasgevang deur hom dat sy dink dit is onmoontlik om iets aan haar situasie te doen.
So nou dink ek iets is gladnie reg nie. Die Fok kan mos nie wegkom hiermee nie? As ek hom moer, haal hy dit op sy vrou en kind uit, so ek gaan dit erger maak vir hulle. Sy vrou wil nie Polisie toe gaan nie, want sy is te veel vasgevang deur hom. Sy vrou wil nie haar dogtertjie vat en hom verlaat nie, want sy is te afhanklik van hom.
So nou hou hy aan. WTF?
Vroutjie het met iemand gaan praat wat maatskaplike werkers het en sielkundiges vir mishandelde vrouens. Ek hoop hulle rig iets uit.
En die ergste van alles? As ek Rot se elmboë agtertoe breek, sy neus skeef slaan, sy ribbes afskop en sy vingers breek, gaan ek skuldig bevind word in ‘n aanrandingsaak teen hom. Maar hy kom skotvry terwyl hy sy vrou en kind mishandel.
Is dit nou hoe die samelewing werk? Die laagste slymsleepsel, ‘n man wat vrouens mishandel, kom skotvry?
Ek hoop regtig die maatskaplike werkers en sielkundiges kan Susan se wese so ver herstel dat sy ‘n saak teen Rot kan maak. Dat sy kan wegbreek.
My hart bloei vir elke vrou wat deur ‘n vark mishandel word.
En vir die familie wat vir Vroutjie sê sy “meng in” omdat sy die organisasie en maatskaplike werkers gekontak het: Loop kak ‘n baksteen. Dit is van alles onder die mat invee en niksdoen dat dinge so ver vorder.
* Susan is nie haar regte naam nie.
May 20, 2008 at 4:38 pm
Gert: Ek het familie ild wat in so situasie was. Jy kan nie werklik help nie, want dit is soos jou vrou gesê het, sy sal dit ontgeld by die huis. Die persoon moety self die eerste stap neem, jy kan net daar wees om by te staan as die stap geneem word. Is nie lekker om die goed te sien nie. ‘n Mens het regtif lus om sulke rugraatlose mense te vermorsel.
May 20, 2008 at 5:47 pm
Hoe ek dit ookal haat om te erken, maar Rustig (en jou vroutjie) is reg. Maar moenie shit-for-brains vergeet nie. Eendag hopenlik kom sy vroutjie tot ander insigte en dan is dit open season.
May 20, 2008 at 5:54 pm
Ek dink dit sou die R500-afkoopboete vir die aanrandingsaak werd gewees het, dink jy nie?
Ek sou sê: moer hom! En dan vertel jy hom sommer dat as jy weer sou hoor dat hy sy vrou slaan of dit op haar uithaal, jy weet waar hy bly en jy volgende keer jou tjommies sal saam bring. Dan is R500/6 nie so duur nie. En hy maak dit dalk net-net nie . . .
May 20, 2008 at 6:09 pm
Ek dink in hierdie geval is geweld nie die antwoord nie, alhoewel my instink ook moordadig is. Ek was ook in ‘n huwelik waar my man se onvermoe om sy frustrasies uit te druk hom tot geweld genoop het. Ek het hom verlaat, want ek het geweet ek sou hom vermoor. Jy slaan nie aan my sonder dat ek jou terugkry nie.
Die mense kort hulp. Albei van hulle. Maar veral die vrou moet weer opgebou word sodat sy glo dat sy iets werd is.
May 20, 2008 at 6:51 pm
Eish…. WDF!
May 20, 2008 at 6:53 pm
Ek weer hieroor gedink, k@k, wag hom in ‘n donker hoekie in waar hy julle nie erken nie en moer hom met ‘n kussingsloop… (sit eers bakstene in die kussingsloop). Verdomde vark! Sulke goed maak my so kwaad dit voel of elke aar in my brein bars…!!!
May 21, 2008 at 8:25 am
Jis Gert, hierdie goed maak my seer jong! Jy was sterk om hom nie te moer nie - ek dink dit sou ‘n army kos om my mond net toe te hou!! Ek dink nie vroutjie het verkeerd gedoen om die maatskaplike werker en die sielkundige te betrek nie! As mens nie NOU iets doen terwyl daai “boompie” nog jonk is nie - gaan die d@@s se mishandeling haar vir altyd breek! As hy nie alreeds genoeg skade aangerig het nie! *Susan is oud genoeg om na haarself te kyk - en dit kan sy nie eers doen nie agv vrees - so hoe gaan sy op haar eie hierdie kind uit die situasie kry!? Dis godsonmoontlik! Dis goed dat julle probeer help, ek wens daar was meer mense soos julle op aarde!!
May 21, 2008 at 9:27 am
Gert se vrou… wel gedaan!! dis van sit en niks doen dat die lae slymbol weg kom met wat hy doen! Ek stem moer hom sal niks oplos nie… maar om hulp van buite in te kry sal dalk vir Susan wys dat daar wel iets is wat gedoen kan word… ek hoop vir haar kind se onthawe gryp sy die kans wanneer sy dit kry!!
May 21, 2008 at 10:58 am
Iemand baie naby aan my was al in hierdie situasie. Eventually, na baie drama, het sy haar kiddies gevat en hom gelos. Slymbol het dit baie persoonlik gevat en haar geterroriseer net waar hy kon. En toe loop hy sy beloofde pakslae op die lyf. Sedertdien is hy ‘n model ex. Hy betaal sy onderhoud stiptelik. Hy drunk dial haar nie. Hy ken sy plek.
So - jy het die regte idee. Onthou net - die pakslae kom laaste. En dit werk soos ‘n bom!
May 21, 2008 at 11:19 am
Gert ek is ‘n vreeslike mens met die tipe van goed, ek sê sommer dadelik: sies kry jy nie skaam om jou vrou so te verneder nie, en buitendien jy maak dit ongemaklik vir die res van ons wat hier saamkuier.
Ek maak my tong goed skerp met ‘n lemmetjie in hierdie situasies. Maar mens kan uiteindelik ook niks doen nie. Ek haal my hoed af vir julle, julle het die situasie baie goed hanteer. Hoop die maatskaplike werkers kry iets uitgerig.
May 21, 2008 at 1:18 pm
Dit is baie baie hartseer. Ek ondersteun jou vrou se optrede. My skoonsussie sit met dieselfde probleem en ons het haar nou al 2 keer gaan haal, saak gaan maak, sielkundige hulp gekry ens. Maar sy is weer terug na die jakkals. Ons hande is nou afgekap, alhoewel ons hom ook wil bykom. Al wat nou oorbly is om te bid.
Julle moet die vroutjie net bystaan. Wees daar vir haar indien sy die moed kry om hom te los. Sterkte vir julle!
May 21, 2008 at 5:18 pm
Ek het weer daaroor gaan dink . . . ek dink nog steeds jy moes hom dikgebliksem het . . .
May 21, 2008 at 8:09 pm
Gert
My ma het ons geleer. Jy slaan nie aan kak nie, dit spat.
Laat sluit die drek toe, daar sal vinnig met hom afgereken word met sy eie soort.
May 22, 2008 at 11:02 am
So ver soos wat ek lees, knik ek my kop en voel die woede hier binne opbou. Ek het hierdie situasie ook al baie beleef.
Maar dis soos Rustig ook sê, jy kan maar net magteloos toekyk en hoop sy neem die eerste stappie. My vriendin het. Haar grootste vrees was ook wie dan vir hulle gaan sorg. Ons het belowe ons sal help totdat sy op haar voete is. Dit is wat ons nou doen.
Sedert die Slymbol gedagvaar is vir ‘n egskeiding, het dit ‘n paar keer gelyk asof sy wil ingee en alles laat gaan. Ek het net gebid dat sy nie doen nie. En mooi gepraat. Sover staan sy sterk. Net die tyd sal leer.