Nog army shit

Ja, sorry vir die woord in die titel. En die wat volg.

Dit was deel van army-taal. En kan nog erger word. Ek dink nie die spreukwoord moet lui “vloek soos ‘n matroos” nie. Ek dink dit moet wees “vloek soos ‘n kanondonkie” en as jy die dag regtig bemoerd is, “vloek soos ‘n boknaaier”. Hene, daai ouens wat op die pap geloop kon vloek. (Hulle loop op die pap, want hulle eet dit in die oggende in die menasie en dan stap hulle sonder ophou. Hulle gebruik nie diesel nie en hulle gebruik klein skietgoed soos die R1, R4 en LMG. En die 60mm mortier. Party kere ry hulle meer Ratel as wat hulle loop, dan gebruik hulle minder pap en meer diesel en groter wapens soos die 81mm Mortier en Ratel 90 vir tenkafweer of so iets.)

As julle niks gedoen het in die weermag nie, soos ‘n troep wat ‘n ruskans kry, dan het hulle bal gehang. Of ballas gebak.

As ‘n laer rang saam met ‘n hoër rang kak gepraat en gekuier het, dan het die laer rang piele gevleg. (En ‘n opfok of ‘n bosbus net daarna gekry om hom weer op sy plek te sit.)

As die kanonne geblaf het en die vuurpyle gehuil het, dan was dit pielstyf op die stelling.

As jy grappe oor iemand met rang gemaak het, soos byvoorbeeld oor die bombardier terwyl julle in die aand die kaserne se vloer polleer en almal lag, dan het jy gat gevat. Gat vat het ‘n wye betekenis in die weermag gehad. As jy jou stem maak soos die samjoor wanneer hy die battery dril, dan vat jy gat. As jy praat soos die luitenant met die lisp, dan vat jy gat. As jy maak of jy pyp rook soos die RSM, dan vat jy gat. Net ‘n laer rang kon gat vat met ‘n hoër rang. ‘n Hoër rang fok die laer rang op.

As jy iets gedoen het wat niemand ander gedoen het nie, dan was jy op ‘n eiland. Of jy is die eiland.

Kos:

Hawermout - Witpap

Chicken A La King - Mortierhoender. Die hoender was met die mortier geskiet, daarom is die hoender in stukke.

Dun gesnyde taai beesvleis - Tentflappe. Gewoonlik saam met so ‘n bruinerige sous bedien. As jy weet hoe lyk ‘n bruin army-tent, 16×16, sal jy weet hoekom daai vleis tentflappe genoem was.

Dikker gesnyde taai beesvleis - Kwê-tyre of Ratel-tyre. Die vleis was taaier as die mynbestande voertuie se wiele.

Ek kan nie eintlik aan nog veel name dink vir kos nie. Ons in die Artillerie het nogal lekker geëet. Ek het army-kos gelaaik oor die algemeen.

O ja, daai harde, taai vis met die krummels om het ons “Waap!” onder teen die staaltafels in die menasie vasgeklap en die volgende oggend klap jy op die tafel na ontbyt en dan val die stukke harde vis weer af soos jy uitloop. En die RSM het Sondae gesê hy eet nie beestong nie, want die bees het met daai einste tong die koei se poes gelek. Sy woorde.

Tree aan met ‘n projektiel beteken jy gaan opgefok word deur met die projektiel op jou skouer te hardloop totdat jy kots. En dan nog ‘n ruk om seker te maak jy is goed opgefok. Dieselfde met “tree aan met ‘n sandsak.”

Jou kak gaan draai beteken ook jy gaan opgefok word.

Tree aan kan iets onskuldig beteken het soos val in die afdeling in dat julle kan gaan eet. As daar egter ‘n weermagambulans en ‘n medic ook gewag het in die omgewing waar aangetree moet word, dan het julle gat gevat, slap geword, rondgefok, op die bombardier se battery gepis, en nou gaan julle kak draai en die fokken son nie weer vir julle opkom nie!

Sing ding! Liks!!! Aks!! Liks! Aks!! Sing ding!!!!

In die Artillerie, na JL’s het meeste van die onderoffisiere so gedril: Liks! Aks! Liks! Aks! Liks! Aks! Eiiiissh!

So, ek dink die uitdrukking van “Eish!” kom nie van die brandewyn advertensie af nie, maar van SAW bombardiere wat die brandewyn elke aand gedrink het. As die bombardier of sersant eers “Sing ding!!” gegil het terwyl ons looppas mars was, dan moes jy sing. Hardop. Gees vang. Army liedjies. Aag man dis lekker in die aaaarmy…. was nie een van hulle nie. Daai liedjie was vir in die veld in die aand by die vuur. “Hak! Hak! Poes! Poes!” was die beste liedjie om by die bombardier se pas in te val. “E! L! X! L! X! E!”, uitgespreek soos die alfabetletters was ook gewild. En nog ‘n klomp ander sif liedjies soos:” Al die meisies, trek julle panties af, al die meisies trek julle panties af,” gesing volgens die pas van die bombardier.

As iets lekker was, was dit piele. Byvoorbeeld: Die chopper drils was piele!

En nog woorde en frases:

Balsak: So ‘n worsvormige bruin seilsak waarin jy jou kak gepak het.

Dixies: Twee staal/alluminium reghoekige bakkies met handsvatseltjies wat inmekaar pas.

Kaksak - Onderbroek

Pisvel - Matras oortreksel

Is jou tampon skeef?” - Dit wat die luitenant vir jou gevra het as jy tydens “Vasbyt” moeg geword het.

“Die kak sit wit” - Seker maar ‘n dubbelbetekenis. Op die grens het die kak wit gesit as die MiG’s naby was of as die vyand afgekak het onder die bestoking.

R&R - Eintlik is ek nie seker hoe spel jy dit nie. Rum & Raspberry. Ek dink die ander korpse het ‘n ander betekenis gehad. Soldaat help uit!

Petrol, Olie En Smeermiddels - Tydens pas uit die bos ‘n gesegde vir ‘n mooi girl. (Werk die een maar self uit.)

Poesbedroef - Hartseer, seker as ‘n meisie jou met ‘n “Dear Johnny” afgesê het. Dit was partykeer ook gebruik vir iemand wat stukkend dronk was van al die rum en dronkverdriet gekry het.

Daar was nog baie woorde vir ‘n meisie, soos “slymsloot”, “wip” ensovoorts, maar ek gaan nie dit alles hier noem nie. Dit is meestal vieslike woorde.

Hartseer - Seker enige tyd en plek gebruik deur iemand met rang. Voorbeeld: Wat is jou kak, hartseer? Wil jy vir mammie hê?

Grootsak - Rugsak

Bakleitrui/BattleJacket - Die ding waarin jy jou ratpack, waterbottel, bomverband, magasyne, handgranaat ensovoorts pak.

Hene, hoe meer ek skryf, hoe meer onthou ek. Tyd vir bal hang.

Valkiri, demo terrein by Lohathla

G5 en kanontrekker. Daai boks in die middel wat soos ‘n kajuit lyk, is die “aapkas” waar die bediening sit. Die No.1 sit links voor langs die drywer. Die Nommers 2-8 sit in die “aapkas”. Die No.1 is baas, koning van die kanon. Die No.8 is die tweede in bevel. Die No.3 werk die visier. No. 2 trek die tiet en sien om na die sluitstuk. Nommers 4 en 5 werk tussen die bene met die rammer en lugbottel ens. No. 6 en 7 is ook ‘n amminusienommer saam met No. 8. Ek kan verkeerd wees. Die G5 het ek in die laaste jare gewerk.

Valkiri

Die Kwê hierbo het die kort bak en net twee agterwiele. Een links en een regs. Ek dink dit was die Kwê 50. Die Kwê 120 het twee wiele aan elke kant agter gehad, agter mekaar en nie dubbeld langs mekaar nie, en kon 10 ton dra. Die kajuit was mynbestand.

DGS behoort ‘n proper foto van ‘n Ratel te hê. (Daai een waar hy op die Ratel sit en rook.)

En dan tag ek sommer almal wat in die army was om nog byname, woorde, gesegdes en frases to post.

14 Responses to “Nog army shit”

  1. Pikkelik Says:

    Dit was ‘n lekker post. Ek het ‘n outjie in die army gehad en baie van daai frases is aan my bekend, maar baie is nuut, (hy sou seker ook darem nie alles aan sy meisie vertel nie!)

  2. Rustig Says:

    As een wat in die kombuis gewerk het, sal ek maar liewer nie sê wat alles daar aangevang was nie.
    Jy kon enige iets doen solank jy net nie die “honey sucker” moet beman nie.

  3. Jaco Says:

    Whahaha Rustig. Honeysucker duties was nog erger as korveediens. Yuk. Ek vat eerder ‘n bosbus enige dag.

    Staaldak = Helmet (oorspronklik van staal, later jare van keflar)
    RP = Regiment Poe…lisie (Sies waar is julle gedagtes) Soortvan Metro polisie van die army
    MP = Militere polisie
    Ack-Ack = Lugaweer kanonne
    Tyre Flip = Een van die aktiwiteite by ‘n opfok
    Rook en drink water = Infanterie vir take 5
    Voorsteun Posisie af = Sak vir pushups

    Hel dit raak al lekkerder

  4. krista Says:

    Whaaaaaaaaaaahahahaha! Ek het lanklaas soveel vloekwoorde op 1 geleentheid raak gelees. Die army is ook waar die wederhelfte geleer suie en rook het!

  5. Rustig Says:

    Tampon Tiffie - Medic

  6. Gert Gariep Says:

    Snuffel Tiffie - Iemand van die Inligting korps

  7. Rustig Says:

    Die ellendigste ding was die “Noddy” karretjies. 15 vertek op patrollie 6 kom lewendig terug. Die res word getou. Moenie vra wat die regte naam was vir die ding nie.

  8. Jaco Says:

    Noddy Karretjie = Eland = Enige armydrywer se nagmerrie

  9. Gert Gariep Says:

    Eland.

  10. Gert Gariep Says:

    Ek dink amper die Eland het ‘n 2.5l petrol enin gehad.

  11. Rustig Says:

    Rinkhals - lekker ambulans met yskas vir die bier.
    ;)

  12. Wipneus! Says:

    whaahaahaa lekker post

  13. René Says:

    Whahahahaha - is jou tampon skeef!! Whahahaha - ai, net ‘n klomp mans bymekaar wat sulke goed kan uitdink!! ROFLM(S)AO!

    Wat vir ‘n ding is ‘n bosbus? En hoekom is die nommers in die aapkas so deurmekaar? Nr 1 is die koning en Nr 8 tweede in bevel? Nogal ‘n baie toepaslike naam - aapkas! Heheh! Is ek blondie vandag of is als in die army maar net so verwarrend??

  14. Da Mario Says:

    Meeste dinge in die Army maak nie werklik sin nie, maar as jy mooi daaroor dink dan is daar tog iewers struktuur. Jy is nie altyd seker wie se struktuur nie, maar none the less…. :)

Leave a Reply