Aaklige tye

Thanks vir die video wat jy gepost, het Pikkelik.

Ja, daar was natuurlik ook die aaklige tye in die SAW.

Salueer nie net die soldate in die berigte hieronder wat gesneuwel het nie, maar ook al die ander. En onthou hulle families ook.

Die kak ding van oorlog is dat mense doodgaan.

6 Responses to “Aaklige tye”

  1. Pikkelik Says:

    Ek weet, duisende families leef nog elke dag met die seer. Ek staan op aandag ook vir hulle. Ek dink die ding wat my die hartseerste maak is dat dit alles so onnodig blyk te wees.

  2. Paula Says:

    Dit is baie hartseer.
    Ek salueer ook daardie soldate en hulle families!

  3. Rustig Says:

    Gedurend my tyd op die Grens, was ‘n vriend die persoon wat al die gestorwe soldate se besittings moes pak en die nodige papier werk afhandel. Dit het hom later so beiinvloed dat hy heeltemal sielkundig “gecrack”. Dit was soms verstommend om hoe die Weermag ook sekere dinge lekker verdoesel het as gevolg van leiers se verkeerde optrede.

  4. meermin Says:

    Dit is regtig baie hartseer en so onnodig!! Lekker koue dag verder!!!

  5. René Says:

    Ai, dis sad!! Maar nou ja…

    My man se neef is in ‘n fratsongeluk in die army oorlede en tot vandag praat niemand in die familie daaroor nie!! Mens kan seer dis wonde wat baie diep sit! :(

  6. René Says:

    seer = sien :oops:

Leave a Reply