Weer tyd vir ‘n GG. Hene, die vorige uitgawe was meer as ‘n maand terug.
1. Dis Winter en Koud!
Volg hierdie maklike tips en oorleef die winter.
a.) Onthou, jy kan nie hiberneer en net in jou bed bly nie. Die baas gaan jou fire as jy nie gaan werk nie.
b.) Eet. Jy sal moet eet. Dit is nie nou die tyd om te worry oor wintervet, dik dye, bierpense en hangtiete nie. Jy wil oorleef. As jy nie eet nie, het hy nie energie nie en kan jy dalk verkluim. Jy gaan in elk geval so baie ruk en bewe van die koue dat jou lyf meer oefening gaan kry as wanneer jy gym toe gaan.
c.) Biltong. Dit is baie belangrik om ‘n groot voorraad biltong aan te hou. Jy wil nie onnodig Spar of Checkers toe ry as jy honger word nie. Jy kan longontsteking in die koue opdoen as jy onnodig winkel toe ry en in die ry staan waar almal snot op jou nies.
d.) Rooiwyn. ‘n Paar bottels vir wanneer die koue te erg deur jou sny.
e.) Laat staan jou fiemies en eet groentesop. Dit is lekker en maak jou van binne af warm. As jy nie kan kook nie of nie lus is om te kook nie, koop ‘n paar blikkies by Woolies.
f.) ‘n Vuur. Nee wat, moenie op Eskom vetrou nie. Jou kragopwekker gaan in elk geval waarskynlik nie die stoof, verwarmer, TV, ligte en vistenk aan die gang kan hou nie. Maak ‘n vuur. ‘n Kaggel is romanties. As jy nie ‘n kaggel het nie, kry ‘n gasverwarmer. Lekker! Of maak ‘n moerse vuur buitekant.
g.) ‘n Wolduvet. Jy kan nie wil koud slaap nie. Daar in Chrissiesmeer is ‘n winkeltjie wat lekker duvets met ‘n katoen oortreksel en wol binnekant verkoop. Bethal, Ermelo, en nog so ‘n entjie. Chrissiesmeer is klein, jy sal die winkel kry.
h.) Voorbehoedmiddels. Maak seker jy het genoeg. (As julle dit gebruik en nie besig is om die gesin uit te brei nie.) As jy ‘n man is wat jassies gebruik en jy moet Shell garage toe gaan in die koue om ‘n pakkie jassies te gaan koop… tsk… tsk.. die koue krimp jou slang na ‘n wurmpie.)
i.) Onderklere vir jou vrou of meisie. Wat, is ek mal? Sy gaan mos koudkry!!? Nee. Onthou, die kaggel of verwarmer of vuur gaan jou plekkie lekker opwarm, en as jy vir haar die onderkleertjies gee, kan julle lekker warm onder die wolduvet inspring. Dis nou nadat julle saam ‘n stomende bad by kerslig geniet het. Kry die idee? As jy nog single is, shame, die lewe is kak… en koud… en alleen.
2. Boerekos
Jy is moeg vir MacD. Kentucky is toe want die krag is af. Steers het jy vanoggend EN vanmiddag geëet. Die hond het die oorskiet opgevreet. Maak self kos. Boerekos. Persoonlik dink ek hulle Biltong-resep gaan vir ‘n pot kak, maar nou ja, elkeen het sy eie geheim en resep hoe om biltong te maak. Die res van die resepte lyk almal watertand. As jy ‘n “Knuppeldik aan Koningskos” boek het, is jy nog beter daaraan toe. En ek sê dit sommer weer, al het ek al by vorige posts: As jy ‘n man is en JY kook lekker kos, het jou vrou meer tyd om te rus en meer tyd vir jou. Verstaan?
3. Nutsman – Hier is jou helper.
Oulik! Oulik!
Jaco van Wosonki het nou die dag vir ons gewys hoe dit gedoen word om ‘n afdak te bou. Ek het gesien daar was so ‘n bietjie gesukkel en het nou maar net gewonder of hierdie helpertjie volgende keer kan kom help.
Soos julle kan sien, weet hy van leer klim.
4. Wyn vir die pyn.
Lees veral Boerinbalingskap se kommentaar.
So elke nou en dan tref dit my dat ek eintlik binnekort trou en dan skrik ek wakker en trek my leêr en to-do list nader en raak beangs en spring dan aan die werk vir so ‘n uur of twee, net om weer oor twee weke die oefening te herhaal.
5. Hitler en die vreemde vark.
Kyk, Soldaat kan ‘n hond uit ‘n bos uit skryf. Jy het waarskynlik al die storie op sy blog gelees, maar dit maak nie saak nie. Gaan lees dit sommer weer. Dit is die ideale storie om jou op te kikker terwyl jy die koue aande trotseer. Die storie verskyn een van die dae ook in DGS se bundel.
Of hoe, Soldaat?
6. Lambertsbaai
Lambertsbaai is een my en Vroutjie se gunsteling plekkies. Indien jy nog nie daar was nie, sit verlof in, pak jou saalsakke en vat die pad. Bloggenoot het baie fotos om jou lus te maak en te oortuig jy sal MOET gaan.
7. Dikbek nurse.
Al wat ek hier kan sê is dat ek Rosalind beste wense toewens en hoop en bid dat sy en al die ander mense by daai hospitaal gou weer op die been sal wees.

May 26, 2008 at 7:07 pm |
Nice een Gert! Is jou kaal girls op die voorblad nou altyd iets van die verlede? Dit sou mos die mans warm gemaak het!
May 26, 2008 at 7:14 pm |
Netjane: Gert weet nie van “topless” ski nie.
Lekker tydskrif die, gaan Huisgenoot en Loslyf kanseleer en GG “subscribtion” uitneem.
Waar sign ons op?
May 27, 2008 at 12:08 am |
Dankie Gert, ek is veel-veel beter. Voel al of ek sal kan rol in daai sneeu, en dan teruggaan en daai nurse loop klap.
May 27, 2008 at 11:09 am |
Heita, dis ‘n lekker ene hierdie!
May 27, 2008 at 1:04 pm |
Lekker winter tips
May 27, 2008 at 3:51 pm |
nice baie nice lekker aand!
May 27, 2008 at 3:53 pm |
Wyn watter wyn drink mens as die weer lyk soos nou buite, teen die tyd wat ek by die huis instap sous dit seker, en dan kry ek sou koud dat my tande opmekaar klap! Ek verloor gewoonlik die helfde van my tande in die winter omdat die goed so opmekaar kan klap! Ek dink ‘n warm bad en heelwat komberse sal nou die ding doen – of altans bietjie later vanaand!
May 28, 2008 at 11:53 am |
Gert, dankie vir die eer om op jou “mag” te verskyn!