Eintlik weet ek nie so lekker wat ek is nie.
Sien, vandag toe ek ophou spanner swaai en die tools neersit vir middagete, toe sien ek uit na my kos. Die hamtoebroodjies en plastiekhouertjie vol sop. Wat Vroutjie vir my gemaak het. Met liefde. En ek weet haar toebies en sop is vrek lekker. En dit is koud en ek sien uit daarna om die sop warm te maak in die kombuis se microwave. Sodat ek kan eet en weer krag kan kry vir die res van die dag en sommer ‘n warm gevoel in my hart ook kan kry omdat Vroutjie so lief is vir my.
Maar toe ek my kosblik uit my rugsak haal, is my kosblik leeg. Een of ander doos het my toebroodjies en sop gesteel. Daar is net ‘n paar krummels in my kosblik en teen die kant van die plastiekhouertjie is daar ‘n streep droogwordende sop soos die dief dit uit die houertjie gegooi het. Toe is ek moerig. En honger. Ek ry toe maar garage toe en gaan koop ‘n pastei en ‘n plastiekbekertjie vol koffie.
Maar nou, net voor uitvaltyd val iets anders my by. My beursie en selfoon was ook in my rugsak. Die dief het dit nie gesteel nie. Dalk was die dief net regtig honger, want hy of sy kon netsowel my beursie en selfoon ook gegaps het.
So, nou weet ek nie meer of ek nogsteeds moet dink die dief is doos en of ek moerig is of nie.
Edit: Ek is moerig want mens vat nie sonder om te vra nie en steel is steel. Dus is ek de bliksem in en as ek die kosdief vang kak hy.
Mei 28, 2008 at 5:36 nm |
Vat maar van nou af twee stelle broodjies in Gert, dan hoef jy nie kwaad te word nie en miskien los die dief dan jou goed uit.
Iemand het eenkeer my kos uit my hoërskool locker gesteel. My broodjies, my sap, my chocolate (wat ek by my boyfriend gekry het) en my appel. Ek was smoorkwaad!
Mei 28, 2008 at 8:28 nm |
Gert die persoon kon darem gevra het. Ek is seker jy sou dit met liefde gedeel of gegee het. My moer sal sommer gegloei het. Steel is steel.
Mei 29, 2008 at 8:06 vm |
Vra is vry!!! Nee hel, mens vat nie ‘n ander se kos nie… Kry hom, moer hom en gee dan weer vir hom kos… As mens honger is vra jy, jy steel nie! Geen opgevoede mens sal tog ‘n ander kos weier as hy honger is nie. Maar Vra!!!
Mei 29, 2008 at 8:50 vm |
Stem met jou saam, hy kon darem gevra het!
Mei 29, 2008 at 9:47 vm |
Jare terug was so dief waar my pa geword het, ook gereeld hulle kosblikke leeg gesteel, van suiker tot tee sakkies het verdwyn, toe besluit my ma fok jou mannetjie: Sy sit toe rou eiers in, en gemmerkoekies met meer as genoeg gemmer, die dief is uitgevang want hy moes kort kort hol vir ‘n sitting in die withuis!! Vra jou vroulief om vir jou enigiets met baie gemmer in te maak, of sommer maagwerk winkel in jou sop of iets te sit!!
Mei 29, 2008 at 9:48 vm |
ag man maag werk pille nie winkel nie, eish man!!
Mei 29, 2008 at 1:11 nm |
Ek sê mos hulle gaan nog ons kos uit ons monde steel. Hier is dit nou!
Mei 29, 2008 at 8:23 nm |
Ja, steel is steel maar kos sal ek oorsien. Dalk het die dief voorheen die reuk gekry van jou vroutjie se heerlike sop en kon homself net nie bedwing nie
Mei 29, 2008 at 8:30 nm |
Op skool het ons ook ‘n toebroodjiedief gehad. Hy’t altyd gesteel by die tingerige nerd, wie se ma vir hom die heeeerlikste toebies ingepak het, altyd vleisvulsels. Tot die dag toe ons die toebroodjies omruil met toebroodjies met ‘n baie spesiale vulsel: Husky. Die dief het dit niksvermoedend verorber
en eers bietjie later gehoor wat daarop was. Was lekker naar en het nooit weer gesteel nie
Mei 30, 2008 at 2:44 nm |
Jy is ‘n goeie ou Gert. En ek kry die ou ook jammer, maar ek stem saam. Hy kon seker gevra het. Maar weer, as dit ek was sou ek nie gevra het nie, sou dit net nie kon doen nie, sou maar gevrek het van die honger. Miskien is dit ‘n idee as jy ekstra broodjies saamvat en ‘n nota daarby skryf sodat die persoon kan weet dis vir hom. Dan sal hy darem kan eet sonder om te steel.
Dit maak mens dankbaar vir die seeninge wat ons het.
Sterkte ou maat.
Mei 30, 2008 at 2:50 nm |
Hey daar, Knersis. Jy was lank weg. Gewonder waar jy is.