Daarmee bedoel ek nou vir ander goed wat nie eintlik iets met jou werk uit te waai het nie.
Party dae is dit stil. Die manne se bikes loop almal en ons swaai dus die spanner minder. Soos nou. Die juniors kan tyres regmaak, vonkproppe vervang, olie change ensovoorts. Dan is dit mos tyd om op die Internet rond te surf, kak email jokes uit te ruil, email vir jou pelle, wat oorsee toe na Londen en Perth toe gemoer het, te stuur en wat ook al jy wil doen.
Ek sit hier en blog. Vroutjie en die meisie wat haar help met die boeke is haarkapper toe. Hulle hare groei tydens werkstyd ook. En daarom kan hulle dit tydens werkstyd gaan sny en kleur en whatever.
‘n Ander ou is besig om Second Life te speel. Hy het gister begin, en as ek hom so kyk weet hy nie wat daar aangaan nie.
Frik, wat nou buitekant staan en rook, is besig met World Of Warcraft.
Die IT outjie voel duidelik ‘n fok vir sy werk, want ek sien hy is besig met sy eie blog en website en goed.
Die grootbaas is besig om aanlyn te dobbel en rook sommer daar in sy kantoor. Ek kan nie sy skerm sien nie, maar ek weet hy is besig om te wen want hy lyk ingenome. As hy verloor dan kan hy nogal perform daar in sy kantoor.
Die ander meisie wat die rekeninge doen lyk asof sy besig is met ‘n chatroom. Seker online-dating of iets. Sy soek hoeka al ‘n ou. Sy is ‘n brunette, 29 jaar oud en geskei. Geen kinders. Baie mooi. Sy soek ‘n man wat haar sal mooi oppas en waardeer. Sy mind nie as jy rook nie, maar jy mag nie te veel drink nie. Sy ry ‘n 1998 Suzuki GSXR 750. Sy kan dans. Haar eks man is ook nie meer in die prentjie nie, want hy het eendag hier aangekom en haar kak getune. Hier was meer as genoeg bikers om hom te ehm… verwilder. Dis ‘n oulike meisiekind daai, maar as iemand haar rondneuk of seermaak, dan is hier weer meer as genoeg bikers…
Jakes sit en fotos kyk wat iemand vir hom vanaf Mosambiek gestuur het. Franky, die enigste ou hier met ‘n mullet, is al huistoe. Dit is mos Vrydag.
En so kan ek aangaan. Hier by die werk mag ons die Internet gebruik vir persoonlike goed, maar ons mag nie maatskappy se naam gebruik nie want die grootgrootbaas laaik dit nie as die mense weet hy en sy werkers gaan na wilde suip rallies en kyk stripshows nie en facebook en myspace word deur die server geblok. Blykbaar te veel videos en goed wat die bandwidth vreet.
So, ons gebruik die Internet by die werk, natuurlik op die werk se onkoste en niemand mind daaroor nie.
Ek weet wel daar is plekke waar mense hard gelimit word oor Internet gebruik by die werk. Hoe is dit daar waar jy werk? Kan jy darem blog by die werk?
Mei 30, 2008 at 6:36 nm |
Onthou jy daai blond wat gesê het, “I don’t earn a salary, I pay them”..? Is nie en nie, maar my baas is cool. Een van die dae sal ek vir lank nie op die net kan speel nie. Nuwe werk en studies. Sal nog lees op die sel…
Mei 30, 2008 at 7:22 nm |
Ek is gelukkig. Ek en IT kom goed oor die weg. Van min mense wat se rekenaars nog internet het. As hulle jou vang is jy jou “job” kwyt by my werk.
Mei 30, 2008 at 9:14 nm |
Gert, ek hou van die haarsny storie, gaan dit net bietjie Maandag probeer by die werk
Ek blog nou al van Dec af by die werk en het nog nooit n haan oor dit hoor kraai nie, maar ek sal dit maar nie te hard se nie!!
Mei 31, 2008 at 7:03 vm |
By my vorige werk het ek gedate op die internet en so my man ontmoet. Die hele troue is online beplan! Ek dink nie hulle het facebook toegelaat nie, maar was verder nie te moeilik nie. Ek het nooit oor my personeel se skouers geloer nie. Solank hulle werk op datum was en van goeie gehalte kon hulle maar surf soos hulle wil!
Mei 31, 2008 at 8:03 vm |
Dis nou die voordeel om vir Manlief te werk. Hy het nie rerig ‘n sê nie, ek vertel net vir hom as ek moet ophou blog moet hy ophou fietsry, die kinders in ‘n kleuterskool sit en my ‘n ordentlike salaris betaal en dan koop hy sommer vir my nog ‘n gig om die maand deur te hou….
Mei 31, 2008 at 11:12 vm |
My kantoor is by die huis, en ek is die sucker wat vir die Internet betaal, so ek het nie worries nie. Maar by die vorige plek waar ek gewerk het is jy ernstig gemonitor en aangespreek as jy die internet vir persoonlike goed gebruik het
Mei 31, 2008 at 1:22 nm |
My kantoor is ook gelukkig by die huis en soos Jaco moet ek self daardie vreeslike internet rekening per maand betaal. Maar sou ek vir ‘n maatskappy gewerk het, was ek seker die eerste maand gefire. he he
Mei 31, 2008 at 1:42 nm |
Bitter min. Ek voel te skuldig.
Mei 31, 2008 at 8:27 nm |
Nee, te besig en dit voel net nie reg nie.
Junie 1, 2008 at 5:40 nm |
Ek is nie so gelukkig om by ‘n werk (maw gratis) te kan internet nie – moet dus by my huis self betaal. Sal ek vir my ‘n job soek?
Junie 1, 2008 at 7:50 nm |
By ons kry jy eers internet as jy 2 jaar daar werk.
Ons kan ook nie facebook nie, server blok dit, maar verder kan ons basies alles, behalwe natuurlik nou pornografie – ek weet mense is al afgedank daaroor. Daar is reëls, maar dit word nie juis streng toegepas nie, mits jy jou werk doen.
Ons het party dae so baie werk, dat ons in elk geval nie kan internet nie, maar ander dae is dit weer stil en dan blog ek ook soms by die werk.
Junie 2, 2008 at 8:20 vm |
Ja, ons het internet by die werk en kan dit gebruik solank ons werk op datum is
Junie 2, 2008 at 9:40 vm |
Ja ek gebruik internet maar net wanneer ons nie besig is nie, vroeg in die oggend, my tee tye en my etenstye!
Junie 2, 2008 at 3:44 nm |
Ek is die baas. Ek betaal maar self soos Jaco en Wip.
Junie 3, 2008 at 4:14 nm |
Ek beny julle ouens wat in werk-tyd kan blog. Ek moet dit doen in Liefie se tyd en soms raak sy so bietjie knorrig daaroor.
Junie 9, 2008 at 12:09 nm |
Ek beheer die company se internet hier, en gee nie om as die mensies hier wil facebook of myspace of blog of iets nie, hulle moet net nie oorboort gaan en onnodige goed aflaai soo torrents en kak nie, dan sal ek genoodsaak wees om ‘n paar kanale toe te maak.Andersins, dis jou eie ding wat jy aanvang by die werk.Tx GG,lekker ou blog wat jy het!