Finansies

Die rentekoerse styg, inflasie skiet die hoogte in, vleis word duurder, petrol word duurder, jy moet ekstra uitgawes aangaan as gevolg van die load shedding van Eishkom soos batterye, flitse, gasstowe…  Jou verhoging by die werk was kak, die bonus nog kakker of dalk heeltemal niks. “Cost To Company” is ‘n erger vloekwoord as “p..s”. Die koeverte met die venstertjies laat jou hart uit ritme gaan en koue sweet oor jou hele lyf uitslaan. Jy kou jou naels, lê wakker in die aand en draai jou sente honderde kere om.

Hou op worry en relax vir ‘n slag. Volg net die volgende tips en dan het jy binnekort weer ‘n hele paar ekstra kraakvars note in jou sak en jou beursie is sommer dikker. Op jou eie risiko en volgens jou eie oordeel en diskresie.

* Sny self die gras, spit die beddings om en snoei die bome.
* Maak self die huis skoon.
* Drink meer bier by die huis en minder in kuierplekke.
* Steers is duur. Koop vis en tjips by die kafee op die hoek.
* Groei ‘n baard. Skeermeslemmetjies is fokken duur as jy elke dag harde baard skeer.
* Ry bike, dit gebruik minder petrol as jou 3 liter Cortina met die twin carburettors.
* Gebruik die telefoon by die werk.
* Jag op Langplaas en maak jou eie biltong.
* Bedien peanut-butter-en-stroop toebies en bokswyn as jy gaste vir ete oornooi.
* Verkoop die TV en cancel jou TV lisensie. SABC wys net ‘n pot stront. DSTV ook.
* Moenie gaan fliek by Ster-Kinekor nie. Bly die aand by die huis en woeps.
* Bad of stort saam met jou liefie en spaar krag op warmwater.
* Gee die karwag 20c i.p.v. R2
* Copy CDs en DVDs wat jy by jou pelle leen.
* Gaan haal jou jassies by die kliniek waar jy dit gratis kan kry. Durex is duur.
* Moenie net suip as jy gaan visvang nie. Vang ‘n vis en braai oor die kole.
* As jy in ‘n hotelkamer gaan bly, onthou om al die sepies, botteltjies sjampoo, toiletpapier, snesies, teesakkies, koffiepoeier, suiker ens. in jou tas te pak voordat jy vertrek.
* Gaan eet Sondae by jou ouers of skoonouers. Vat niks saam nie.
* Teazers se moer. Jy mors jou geld daar. By die huis kan jy kyk, vat, en woeps.
* Pluk in die aand van jou buurman se perskes, druiwe, lemoene of wat ookal hy in sy agterjaart groei.
* Gebruik die werk se printer vir jou persoonlike goed.
* Dump jou tuinvullis in ‘n oop veldjie i.p.v. om iemand te betaal om dit weg te ry.
* Skiet net vinnig met jou vinger in die kollektebordjie by die kerk sodat dit klink asof jy geld ingegooi het.
* Hou ‘n kas Black Label quarts aan. Die deposito wat jy moet uithaal aan die begin vir die kas en bottels is eenmalig en van daar af is dit goedkoper.
* As jy nogsteeds die Huisgenoot of ander tydskrifte koop,hou sommer dadelik op. Lees eerder GG wat gratis is.
* Gaps jou buurman se Loslyf uit sy posbus.
* Moenie jou kontrak by die gym hernu nie. Kanse is goed jy is in elk geval nie lus om te gaan nie.
* MOENIE jou bike onnodig spin nie. Demmit, tyres is duur deesdae.
* Onthou as jy ‘n man is, al probeer jy spaar, ‘n lekker bederfie soos peperduur parfuum, onderklere, skoene, ‘n rok, ‘n handsak, ‘n leerbaadjie ens. vir jou vrou is altyd in orde.
* As jy ‘n vrou is, al probeer jy spaar, ‘n lekker bederfie soos ‘n kas koue bier, ‘n kliogram biltong, ‘n nuwe Kershaw knipmes ens. is altyd in orde vir jou man.

5 Responses to “Finansies”

  1. Pikkelik Says:

    Whahahahaha, :lol: Dit is uitstekend. Van nou af gaan ek darem vir jou geld spaar! (en woeps…)

  2. Paula Says:

    Baie oulik! :) )

  3. Dellie Says:

    Hehe! Briljant. Meeste van die goed op jou lysie is heel doenbaar. Ek print dit uit (by die werk) en sit dit op die yskas. :wink:

  4. liezl Says:

    :lol: :lol: :lol:

  5. ITMeesterAdministreerder Says:

    Hel ou maat, dit is wragtag waar, f0kken als wat jy daar noem!Kan myself dit nie beter gestel het nie.Ek gaan dit ook op my yskas plak.VERSEKER!

Leave a Reply