Hier is nou iet wat ek nie lekker verstaan nie. Is bedel dalk baie gemakliker as werk?
Ek ry vandag rond op die bike hiernatoe en daarnatoe. My gat is later seer en ek is lus vir ‘n sigaret. Ek trek by ‘n garage af, gaan koop ‘n pastei en Coke en maak ‘n twakkie brand. By die verkeerslig op die hoek staan ‘n man met ‘n bordjie wat vertel hy is ‘n handyman en soek werk. Toe die lig groen slaan en hy na die kant van die pad loop, nader ek hom. Ek wil mos juis daar agter by die lapa breek en bou en in die huis is ‘n klomp goed wat aandag nodig het. Hier en daar kort iets ‘n laag verf ook.
Die ou wil niks weet nie. Hy wil nie gaan werk nie. Hy wil ‘n paar rand hê en ‘n sigaret. Ek probeer nog. Daar is baie werk by die huis en ek sal hom goed betaal. As hy vroeg Saterdag kom kan hy ontbyt en koffie ook kry. En middagete. Hy wil niks weet nie. Hy soek ‘n sigaret en ‘n paar rand.
Ek trap die halfgerookte sigaret flenters in ‘n poel water, draai om en loop terug na my bike toe. Vir hom gee ek fokkol. Ek lek niemand se gat om te werk nie. In Suid-Afrika is daar baie werkloses wat wel wil en sal werk. Daar naby die huis oppad Spar toe staan die ouens Saterdag-oggende vroeg reg met hulle troffels, waterpasse, kwaste en een ou selfs met ‘n kettingsaag om die die bome wat die tuin oorneem vas te vat. ‘n Ander doen teelwerk. ‘n Paar doen sommer alles. Ek het al ‘n paar keer douvoordag van hulle daar gaan oplaai met die bakkie. Hulle werk hard. OK, nou nie almal nie, party is vrot van die babbelas maar hulle werk.
Maar nou krap ek kop en ek wonder oor die “handyman” met sy bord wat sê hy soek werk, maar hy wil nie werk nie.
Het dit vir hom gemakliker geword om te bedel as om te werk? Doen hy beter met die geld wat mense hom in die hand stop as wanneer hy sy handyman ding gaan doen en werk?
Junie 9, 2008 at 6:13 nm |
Hallo Gert. Ja-nee, ek skud ook net my kop. Ek het hoeka daaroor geblog en jy het nogal ‘n lekker lang comment gelos oor hoe jy voel oor die saak.
Ek dink jy’s reg. Daar is baie van hierdie ‘bordjie swaaiers” wat net dit wil doen, staan en bordjie swaai. Vir hulle het ek ook nie simpatie nie. Hulle maak dit wel moeilik vir die wat regtig sukkel, vir wie ek wel iets wil gee, want jy kan hulle nie altyd maklik uitken nie.
Mooibly.
Junie 9, 2008 at 6:35 nm |
Sulke goed maak my sommer de bliksem in. So hy staan daar en lieg met sy bord. Ai. Soos jy sê: daar is mense wat wil werk en vir hulle gee mens iets.
Junie 9, 2008 at 6:57 nm |
Gert jy verstaan verkeerd. Bedel is ook ‘n beroep en dit is harde werk om so te staan.
Almal soek net die “job”. Die werk kan jy vir iemand anders gee.
Junie 9, 2008 at 8:16 nm |
Ek het iewers gelees van iemand wat ook vir ‘n bedelaar werk aangebied het, toe sê die man hy kan sy werk in sy gat druk want hy verdien 5 keer soveel as wat die persoon hom wou betaal het in ‘n dag se tyd deur te bedel! Ek pes dit… Ek haat dit ook as iemand op ‘n parkeerterrein op jou toesak en vra vir kos. Ek is ‘n easy target met een kind aan die hand en nog een in ‘n ‘pram’, ek voertsek hulle al sommer as ek net sien hulle kyk in my rigting!
Junie 9, 2008 at 8:50 nm |
Dis die rede hoekom ek my werk alles self doen. Jy dink jy dien hierdie ouens ‘n guns deur hulle werk aan te bied. Sleg bliksems
Junie 9, 2008 at 10:45 nm |
Pikkie, wat se jy nou. Ek dink nou ernstig daarin om my beroep te verander na bedelaar…. 5keer meer as wat ek nou verdien kan net n bonus wees.
Junie 10, 2008 at 7:53 nm |
Dis erg die lot doen waarlik beter met hulle bedel werk as met egte opregte werk. As hulle die regte spot het ek net elke 10 de kar gee R5 dan maak hulle meer as die meeste van ons in n dag…
Junie 11, 2008 at 10:16 vm |
Oom Gert – as jy klaar kop gekrap het – jy het huiswerk!!
http://woestynsand.wordpress.com/2008/06/11/ons-pad/
Sorry!
Junie 11, 2008 at 4:08 nm |
Jip, hier dwaal so ‘n siel in Welkom rond, het jare op die myne gewerk, en het redelike kwalifikasies. Ek WEET mense het hom al werk aangebied, maar ja, hy reken hy verdien meer deur te bedel.
Dit maak my vreeslik demoerin!