Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie. Daar bestaan nie iets soos swart henna nie.
En nog ‘n keer:Daar bestaan nie iets soos swart henna nie.
Van waar nou hierdie inskrywing?
Tattoos is cool. Ek en baie ander mense dink so. (Nog ‘n klomp mense dink tattoos suig.)
Party mense wil net vir ‘n rukkie ‘n tattoo kry voordat hulle permanent ink of hulle voel net lus om tydelik ‘n tattoo te kry.
Henna-tattoos is die antwoord vir mense wat nie permanent ‘n tattoo wil hê nie of eers die gevoel wil kry. Ek gaan nie die hele geskiedenis van henna hier uitlê nie.
Henna is nie ink nie.
Die gevaar van die sogenaamde “swart henna” is nie grappies nie.
‘n Henna tattoo sal oranje na donkerbruin-rooi na roesbruin op jou vel vertoon. En onthou nadat die chemiese reaksie tussen jou vel en die henna plaasgevind het, gaan seep en water nie die tattoo afwas nie. Dit sal na ‘n ruk self verdof en weggaan.
Daar is deesdae baie ongevoelige skelms by flooimarkte, feeste ensovoorts wat “swart henna” tattoos op mense doen. Moenie in die slaggat val nie.
Voordat jy blase en littekens opdoen, dink mooi voordat jy ‘n henna tattoo kry.
Lees die volgende bladsye vir meer inligting oor die skadelike newe-effekte van PDP (wat in die sg. “swart henna” gebruik word.)
http://www.hennapage.com/henna/ppd/index.html
Lees veral die gedeelte oor “Black Henna” by Wikipedia:
http://en.wikipedia.org/wiki/Henna
http://www.hennatribe.com/ppd.php
http://www.eastonwest.co.uk/bhw.html
Kyk ook gerus maar na die fotos by bogenoemde skakels. PPD is kak van die Wildehond.
“Think before you ink.”
Dink voordat jy ink.
Junie 25, 2008 at 10:17 vm |
Al my ink is die real deal. Ek moet erken ek was elke keer bollemakiesiedronk wat ek gaan sit het, maar dit was vir die pyn! Die ink wou ek hê! Waar op ‘n mens se lyf is dit die seerste, Gert? Ek het al gehoor mense sê jou enkels en voete, maar vir my was my skouers, nek en rug almal ewe frokken seer!
Ek oorweeg tans ‘n lekker groot tattoo – iets so die Maori tattoo’s – van my skouer af tot by my elmboog. Daar’s ‘n outjie in Bloem by wie ek dit altyd laat doen het (dink sy naam is Johan…); enige artists wat jy kan aanbeveel in Gauteng? My ander tattoo’s kort ook ‘n bietjie van ‘n touch up…
Junie 25, 2008 at 11:07 vm |
Dis nie baie goed om gesuip te wees as jy ‘n tattoo kry nie. Die alkohol maak jou bloed dunner, dit vloei makliker en dan kan jou hele tattoo opgefok word in die proses. Die tattoo-kunstenaar sal gewoonlik ook vir jou sê dat geen verantwoordelikheid aanvaar sal word as jy gesuip is nie of nog beter, gladnie jou tattoo doen as jy dronk is nie.
Ek email vir jou besonderhede van die beste tatoeëerkunstenaar in die wêreld.
Junie 25, 2008 at 12:18 nm |
NEE FOK HOU SEBLIEF BAIE VER VERBY!! As die HERE wou gehad het jy moes met allerhande inkleur prente rondlooop sou HY jou seker so ingekleur het voor geboorte!! NEE NEE NEE DANKIE!! Nie vir hierdie girl nie! EINA!!
Junie 25, 2008 at 7:26 nm |
Okey, ek het GEEN gevoel oor tatoos nie, ek is nie daarteen nie ook nie daarvoor nie, ‘n opregte draadsitter…. Ek dink nogal dit lyk goed op sekere mense, rerig goed, maar op ander, nou ja, kom ons los dit daar… Ek is ook nogal nie ‘in’ pyn nie. As ek ‘n inspuiting sien kry ek al kouerkoors… Ek was al op ‘n keer tot in die deur van ‘n tattoo-artist!
Junie 25, 2008 at 7:42 nm |
Ek hou nogal van mooi tatoos, ek het al mooies gesien.
Self sal ek dit nou nie doen nie, ek is ‘n Sissie! he he
Junie 26, 2008 at 9:02 vm |
Ek het dit al oorweeg, maar ek is te vrek bang vir die seer. Op kollege het ek ‘n vriendin gehad met die mooiste skoenlapper op haar enkel, maar ek is heeltemal te veel van ‘n lafaard! Dankie vir die waarskuwing oor die swart henna, ek het al bietjie daaroor gewonder.
Junie 28, 2008 at 8:50 nm |
Baie baie interessant. Ek het ‘n paar jaar terug op Knysna of Plett ‘n fraaie akkedissie op my skouer laat aanbring (henna). Te veel van ‘n sissie vir die “real deal”.
Maar nes jy sê kon seep dit nie afwas nie. Dit was nogal vreemd… Dit het toe wel mettertyd verdof en weggegaan maar baie gejeuk, blasies gevorm maar gelukkig geen littekens gelos nie.
Dankie vir die waarskuwing, sal nie weer nie!