GG – Uitgawe 6

GG

1. Die Wolf ry moer ver.

Tot anderkant Pofadder en weer terug. Ek sien hy het darem ‘n bier ook gedrink toe sy keel droog word.

2. Om te help of nie te help nie.

Ek lees so Dellie se post vanoggend op Bosparra.com en ek dink by myself – ja nee, mens help mense uit die goedheid van jou hart, en sommige mense waardeer dit, en ander nie. Jy kry mense wat jou uitbuit vir elke bietjie wat jy het – emosioneel nevermind finansieel. Hoe gemaak? So ek gaan ook nou maar “uit-lash” en hoop iemand het raad, want ek is moedeloos!

3. DGS het getrek.

DGS het sy stuff gepak en verhuis. Hy bly nou by http://www.diegestorwesoldaat.co.za

Hy het daar by sy nuwe tuiste ‘n inskrywing ook oor hoe om jou eie domein naam te registreer, maar die tieties maak my heeltemal deurmekaar. :mrgreen:

4. Braai jou hoender in ‘n japtrap.

Jy is honger. Jy is besig om stukkend dronk te word van al die bier wat jy op ‘n leë maag drink en die hoendertjie vat sy tyd. Maak soos Skoorkos en die hoendertjie is in ‘n japtrap gaar.

5. Van fietsry en hard val.

Die eerste stap na ʼn kind se outonomiteit is om fiets te ry, want ewe skielik kan jy self mobiel wees en self van A na B en terug by A kom, waar A amper altyd die huis is. Party mense sal redeneer dat dit is om te loop of om te kruip, maar ek dink dis om fiets te ry. Veral as jy vir een of ander rede ʼn haastige mens is. Natuurlik kan jy op ʼn fiets baie vinniger baie verder kom ook, en om fiets te ry is tog soveel meer pret as om te loop of te hardloop.

6. Antie Koekie: Die Roof Blogger

As julle dink daar’s iets erger in die wêreld as bloeiende aambeie………………..dink weer!!
Om skielik internet- en emailloos te wees, IS VERSKRIKLIK!!

7. Jaco stamp sy kar

Of iemand anders het sy kar gestamp. Laas het hy nog wiele geruil en die kar weer padvaardig probeer kry. Ry veilig, Jaco, en kom gou weer tuis.

Voorblad: Amina.

Lisensie: Creative Commons Attribution 2.0

Hey, daar kort nog ‘n plakkaat!

Kawasaki ZX12R Ninja.

Kawasaki ZX12R Ninja

4 Responses to “GG – Uitgawe 6”

  1. Wipneus! Says:

    Baie nice, ek wonder of Jaco die kar reg gekry het. :lol:

  2. DGS Says:

    Mmmmm! Die voorblad is yammie! Nice tietoos! :lol:

  3. rosalindfranklin Says:

    Is net tettoes….

  4. Da Mario Says:

    Miskien het Jaco deur die GG geblaai kort voor sy ongelukkie… :lol:

Leave a Reply