Ek is nou so opgewonde soos toe ek die eerste keer gewoeps het. Die grootgrootbaas het my en Vroutjie ingeroep en ons goed laat verstaan die maatskappy gaan in die kak kom as ons nie verlof vat nie, dus moet ons ons goed pak en eers oor twee weke terugkom. En nie wanneer nie, sommer nou. Dadelik.
En dan die goeie nuus: As ek terugkom kry ek bevordering ook.
Ek wou juis klomp goed by die huis regmaak. By die lapa aanbou en so aan. Vroutjie kom toe egter met haar mooi ogies en stoute glimlaggie en maak ‘n baie beter voorstel as om twee weke by die huis te spandeer en DIY take te doen. Kom ons vat die bike en ry.
Vroutjie is al klaar huistoe om die klein seiltentjie en twee slaapsakke iewers bo uit die kas te haal. Ek sit nou ongeduldig hier en wag dat die nuwe agter tyre op my bike gesit word.
Dan gaan ek huistoe en die tentjie en slaapsakke en ‘n paar los goed pak, Vroutjie agterop klim en ons gaan die pad vat. Die selfoon en alles wat kan pla diep weggebêre. Die wiele gaan die pad opvreet en die wind om ons lywe waai.
Waarnatoe? Ons gaan soos proper bikers maak en net die pad sonder ‘n plan vat. Daarheen waar die bike ons dra, daar gaan ons. Koffiewater langs die pad kook, ‘n vleisie by onbekende slaghuise op onbekende dorpe koop, in die nag ry, nuwe kampeerplekke besoek, vuil badkamers, skoon badkamers, muskiete, koue, hitte, dalk reën, reguit paaie, kronkel paaie, teerpaaie, grondpaaie, potholes, tolpaaie, grasvelde, sandduine, watervalle, beeste, skape, plakkershutte, plantasies, die see, damme, riviere, stede, dorpe ensovoorts. Ons sal maar sien waarnatoe is ons lus om die voorwiel te draai.
Dit klink vir my asof hulle amper klaar is met die agterwiel, dus laat ek hier klaarmaak, die bike se tenk vol petrol gaan maak en waai.
Sien julle weer oor 14 werksdae, plus die naweke. Ek het nie nou ‘n kalender naby nie, werk maar self uit wanneer dit is.
Laat ek die pad vat.
Julie 1, 2008 at 2:25 nm |
Laat daai wiele loop waar hulle wil! Geniet dit – en kom veilig terug
Julie 1, 2008 at 5:11 nm |
Sjoe, amper 3 weke vakansie! Lekker!
Hoop julle geniet julle gate uit!
Julie 1, 2008 at 6:30 nm |
Geniet julself gate uit. Rus lekker, kuier lekker en ry veilig!
Julie 1, 2008 at 7:49 nm |
Ag LEKKER! Geniet dit, weet sommer dit gaan sorg vir nog ‘n hele klompie leeslekkertes, kan nie meer wag nie.
Julie 1, 2008 at 11:54 nm |
Gert, julle moet julle vakansie geniet en veilig terug kom!!
(Ns… waar is die post oor die diamante, wou graag daar ‘n comment gelos het!)
Julie 2, 2008 at 8:30 vm |
Oooooh lekker! Ek is alweer agteros! Maar anyhow – hoop julle geniet jul trippie! Ek wou nou sê as julle dalk in die Kaap opeindig, kom drink koffie (of bier en dan braai ons sommer ‘n vleisie ook!!) – maar julle is nou al long gone!!
Kom ASSEBLIEF veilig terug! xx
Julie 2, 2008 at 8:38 vm |
Jinne maar dit klink lekker, “gaan waar die pad ons vat” Geniet dit en wees veilig!!
Julie 2, 2008 at 1:40 nm |
Geniet dit en veilig ry.
Julie 3, 2008 at 2:02 nm |
YOU GO, GERTGARIEP! Geniet dit – wens soooooo dit was ek!
Julie 3, 2008 at 9:28 nm |
O ja, en geluk met die bevordering! Julle is skaars weg en ek tel al die dae tot jul terugkeer. Ai toggie.
Julie 7, 2008 at 8:38 vm |
Dit klink baie lekker geniet dit Gert