Wat het van beurtkrag geword?

Nou wat nou van beurtkrag/loadshedding?

Kry ons nou nie meer beurtkrag nie, of wat? Wanneer gaan staan die kragstasies weer of fok Eskom die powergrid op?

Behalwe vir al die gastoestelle en herlaaibare flitse waarop ek ‘n hele paar rand lyk my vir bollie uitgegee het, dink ek dit is lelik om beurtkrag sommer net so weg te vat.

Dis mos lekker as die krag af is in die aande. Dit is lekker stil, die kerse gooi ‘n vriendlike liggie op my Vroutjie en vir die tydjie van beurtkrag is ons verlos van 7de-Traan en Noot vir Noot en die nuus en  Riaan Cruywagen se gesig wat sedert die seventies nog altyd dieselfde lyk.

In plaas van TV kyk en kos op die stoof maak, kan mens braai, vry en woeps. En eet by kerslig.

Nou is beurtkrag net weg. Die elektriese ligte maak my oë seer, die buurman speel Vrydagaande kliphard Bosveldklong op sy hi-fi en die straatligte laat die stad soos ‘n deurmekaar kersboom lyk in die aande. Die sterre en maan verdof sommer onder al die ligte.

Ek kan ook nie maak of die krag af is en sommer self my die hoofskakelaar by die boks trip nie, dit is nie dieselfde nie. Die straatligte skyn by die vensters in, langsaan gaan ek die kenwysie van Isidingo hoor, die buurman se gesaag en geboor en gesweis gaan my ore vul, Steers en MacD se advertensieborde gaan in hulle volle glorie met al die neonligte die nag verlig…

Bring terug beurtkrag!


12 Responses to “Wat het van beurtkrag geword?”

  1. liezl Says:

    :lol: Kan nie daarmee stry nie…

  2. wag-ʼn-bietjie Says:

    Hehe…

  3. Eben Says:

    Jy moenie spot, maar gisteraand toe ek nog besig was met paar strek oefeninge vir die aand wat voorle, toe gaan die hele omgewing se krag uit. Oeps!!!

    Ons steek die kers aan, en daar sit onse gesinnetjie en kuier lekker en gesels in ‘n langtyd met mekaar. Jy het kans ons na diepte te luister wat in die skool aangaan. Te luister en nie net te hoor.

    Jy is reg, daardie buurt-krag sal niemand dood maak uit ongerief nie, maar benut dit tot jou voordeel! :lol:

  4. rb Says:

    Hier op onse dorpie is daar maar gereeld kragonderbrekings en dit het niks met loadsheding te doen nie, verskonings: kabels gesteel, boere wat op sekere tye besproeiing doen, dan is die verbruik te hoog, tot onse fabriek het nou die dag die skuld gekry. Meeste van die tyd is dit in die dag.

  5. Zee Says:

    :lol: @ Gert!!

  6. Da Mario Says:

    LOL… ja boet! :lol:
    Gelukkig daar op die plot waar ek bly is dit omtrent altyd soos beurtkrag. Daar is min genoeg liggies in die omgewing, niemand speel harde musiek nie of doen staalwerk nie en as nie die ligte of TV aansit nie is dit so goed soos uitkamp in die bos.

  7. Pikkelik Says:

    Hier op ons verlore dorpie het ons al van altyd af en sal ook seker vir altyd beurtkrag hê. Honderd duisend verskonings, maar die punt is, ons krag is klokslag ten minste drie keer ‘n week af. Ek dink ek gaan dit ook mis….. :-(

  8. harrylouw Says:

    Man ek ons ken nie beurtkrag in Windhoek nie. Dis seker hoekom die gesinslede van mekaar af weg groei/ Its se my ek moet my eie beurtkrag bewerkstelling… ;-)

  9. Jasper Says:

    Ek het ‘n loper vir die main tripswitch by die sentrale as jy een soek….

  10. Gert Gariep Says:

    Harry, jislaaik hoe lus maak jy my nou om die bike op te saal en Namibië toe te ry. Dit is die mooiste land op hierdie hele aarde. Namibië het nog genoeg natuurskoon en pragtige nagte waar mens sommer kan vergeet van krag en al daai tjol.

    Jasper, verkies jy US$, Rande, Zimdollars, Ponde, Biltong of Bier?

  11. DGS Says:

    Uhmmmm… Beteken dit daar daar sonder beurtkrag geen loadshedding is nie…? ;-)

  12. Wipneus! Says:

    :lol:

Leave a Reply