Ek sluit die blog, en dan gooi ek nog ‘n post. Sorry, hierdie post is dalk vol aanstootlike woorde, dus as jy dit nie wil lees nie, moet nie verder lees nie.
Ek en Vroutjie vertrek eers Maandag, en hierdie post lê al ‘n rukkie hier as ‘n draft, en terwyl ek nou nie baie besig is om die spanner te swaai by die werk nie, kan ek dit netsowel klaarmaak voordat die Piranhas my toon byt en die moerse groot spinnekoppe my aan die vinger byt.
Hierdie is een van my inskrywings wat julle maar lighartig moet opneem, dog ernstig as jy ‘n man is en ‘n alleenloper is. Die skoner geslag kan gerus maar ‘n aanmerking of twee gooi as hulle so voel.
Met hierdie inskrywing bedoel ek langtermyn date, uitgaan, kys… Nie net steek soek vir die aand nie.
Ek is ‘n mechanic. ‘n Bike mechanic, en soos gewoonlik het ek ‘n soort van professionele snobisme oor die mechanics wat aan karre en trokke en trekkers en donkiekarre en so aan werk.
OK, ‘n job in die weermag en ‘n leefwyse as ‘n mechanic begin maar heel dieselfde. In die weermag kry jy boots en browns en as ‘n mechanic kry jy safety boots en blues. In die weermag vreet jy almal se kak op as ‘n troep en as ‘n mechanic begin jy deur almal se kak op te vreet as ‘n “appie”. Of is dit nou “appy”? Mechanics spel oor die algemeen nie goed nie, hulle swaai spanner.
In die weermag het ‘n troep 3 probleme: Bier, naai en bier. As jy ‘n onderoffisier is, is jou probleme brandewyn, naai en brandewyn. As jy ‘n offisier is, is jou probleme rum, naai en rum. What’s the difference? Niks, almal kots op die ou einde.
‘n Mechanic het 3 vraagstukke: Bier, naai en trou.
Uit bogenoemde is dit duidelik wat die verskil is. By ‘n weermag lid is die derde punt drank en by ‘n mechanic is die laaste punt trou. Dit verskil hemelsbreed.
‘n Mechanic weet hoe om ‘n girl te date.
Al gesien hoe kam ‘n mechanic sy mullet glad met vaseline, skeer sy baard en trek ‘n strikdas aan Dros toe saam met ‘n Metallica T-shirt op ‘n Vrydagaand? Hy gooi die revs van sy kar terwyl hy parkeer en moer die karwag. Hy gebruik nie ‘n kredietkaart nie, hy gebruik kontant en hy skil die note af voordat hy betaal. As die kar gaan staan, bel hy nie die AA nie, hy maak self reg. ‘n Mechanic het ook nie kondome by hom nie. Hy glo aan “reverse gear”.
Ek was lank in die SAW en het toe ‘n mechanic geword. Ek weet dus dat die mechanic se dating skills die beste is. Punt.
Dus: Hier is dit: Gert se dating tips.
Gert Se Dating Tips:
(Nie noodwendig in volgorde nie.)
a.) Jy moet langtermyn dink. Soos in van vandag af totdat die kluite op jou kis klap en die mense jou begrafnis hou. Jy gooi nooit jou “Gedore” spanners weg nie, en jy verlaat nooit jou vrou nie. NOOIT.
b.) Jy sal skoon wees wanneer jy ‘n meisie op ‘n “date” vat. Jou baard sal nie na rook, dagga, petrol en knoffel ruik nie. Jy sal onder jou arms was. Jy sal jou ballas en jou gat was. Jy sal jou tande borsel. Jou ore sal skoon wees en nie geel was drup nie.
c.) Jy sal nie “poes” sê nie, al is die werker by McDonalds ook hoe stadig. Jy sal nie daai woord gebruik nie. Jy sal nie. JY SAL NIE. Ook nie “fokker”, “doos”, etterkop”, “fuckface”, “pielbek”, of “kont” nie. Jy sal ook nie die meervoude van voorafgaande, of enige soorteglyke woorde gebruik nie. Opsomming: Jy vloek nie.
d.) Enige ou wat jou meisie kak tune, word gemoer. Hard.
e.) Jy sal ten minste 3 maande se salaris, dit is 12 weke se loon sonder oortyd, uitgee om vir haar blomme te koop. As jy mooi rooi roosknoppe uit iemand se erf kan steel, doen dit.
f.) Jy sal vir haar Chanel No. 5 of duurder parfuum koop. Werk oortyd.
g.) Jy sal jou slang in toom hou. Ja, jy sal. Onthou, jy moet langtermyn dink. Jy wil trou.
h.) Jy sal weet jy is verlief as jy die volgende simptome toon:
1. As jy haar wil bel, bewe jou selfoon so baie jy kan niks uitrig nie.
2. As sy jou bel en jy sien haar naam op jou selfoon, kou jy ‘n stuk uit jou tong en wang so haastig is jy om haar oproep te beantwoord want jy is bang jy miss haar call.
3. Jy staar droomverlore voor jou uit en reageer net as sy met jou praat.
4. Jy verkoop jou kar om geld te kry om vir haar iets te koop.
5. Jy kyk nie Saterdag rugby nie, jy gaan eerder saam met haar shopping doen.
6. Jy gee, op jou naam, vir haar ‘n kredietkaart.
7. Jy sukkel om asem te haal en strip sommer ‘n moer aan die enjin waarmee jy besig is om te werk as jy aan haar dink.
8. Jy stel haar voor aan jou ouers.
9. Jy stel jouself voor aan haar ouers.
10. Jy kan nie glo diamantringe is deesdae so goedkoop nie en blaas sommer 5 jaar se salaris op een vir haar.
i.) Jy sal sorg dat sy by jou pas. As jy laaik van bike ry en sy dink dit is kak, wel, dan gaan dinge nie werk nie.
j.) Jy sal NOOIT jou hand teenoor haar lig nie. NOOIT.
k.) Jy sal nie alles uitpraat nie, maak nie saak hoe wild en opwindend sy in die slaapkamer is nie.
l.) Jy sal seker maak sy is oud genoeg.
m.) Jy maak die vistenk skoon.
n.) Jy sal weet hoe om te braai.
o.) Jy sal die gras ten minste een keer per week sny.
p.) Jy sal lief wees vir haar
q.) JY betaal die rekening vir die fliek, restaurant en kondome.
Happy dating!
Augustus 29, 2008 at 6:31 vm |
/me is impressed!
Sela op a.) en j.). Jy ken van!
Augustus 29, 2008 at 11:50 vm |
Heel ougat hoor, lekker gelees, en ook lekker gesmile. Lekker naweek vir jou en vrou’tjie!!
Augustus 29, 2008 at 12:33 nm |
‘n Bonus, dankie! Baie waar, alles wat jy sê. Maar ek stem veral saam met hierdie ene:
j.) Jy sal NOOIT jou hand teenoor haar lig nie. NOOIT.
Geniet die naweek.
Augustus 29, 2008 at 3:56 nm |
Jy’s ‘n wenner, Gert!
Augustus 29, 2008 at 10:25 nm |
Jy MAG maar getrou het, Gert. l jou punte maak sin
Augustus 29, 2008 at 10:25 nm |
Sorry – daai was bedoel – Al jou punte maak sin
Augustus 30, 2008 at 7:55 nm |
Manne julle moet hier lees!!! Gert weet waarvan hy praat.
Geniet die res van die naweek.
September 1, 2008 at 11:33 vm |
Dis so waar. Ek was wat wil gee om so ‘n man te kan kry…
September 1, 2008 at 11:36 vm |
Ag in hierdie koue kry ek nie getik nie. Dit moet wees Ek sal wat wil gee…
September 1, 2008 at 9:05 nm |
Cool man, cool… lekker trippie vir julle!
September 2, 2008 at 7:34 nm |
Kookwater possie! Ek hoop julle geniet Suid-Amerika! Bring adresse en foto’s saam!
September 5, 2008 at 11:13 vm |
Gert, Jy maak uit ou
Lekker trippie! Swaai bietjie SA septer daar innie bos
September 27, 2008 at 7:38 vm |
Nou hoekom kan alle mans nie eers hier lees voor hulle 18 slaan nie. Rowwe Gert, ek het dit al gesê en ek sê dit weer, jou hart is van goud. Geniet julle vakansie en kom veilig terug.