Ja toe, die meeste van my stupid direkte familie (en aangetroude familie) het dit geraai en bespiegel, en vandag sê ek vir julle almal dit is die waarheid. Koebaai Saffrica. Totsiens Suid-Afrika, fok die Mrs. Balls blatjang en bogger die Ouma Beskuit.
Suid-Afrika het altyd vir my en Vroutjie ‘n bekoring ingehou. Nah, ek praat kak… Eintlik het ek en Vroutjie nog nooit geworry oor die die Ou en Nuwe SA nie.
Saquarema ons nuwe tuiste. (Kom surf maar gerus hier as die tubes by Jeffries kak is. Soldaat en D’Mario kan ook perfekte tieties en hemelse vroulike boudjies kom kyk.) Vroutjie moet nog net ‘n ses maande oorbruggingskursus gaan doen, en ek het alreeds begin werk as ‘n mechanic. Bike mechanic.
Ek erken reguit ek het al gesê ek sal nooit SA verlaat nie, maar ja, wel, ek en Vroutjie het klaar ‘n kraak gemaak.
Ons nuwe huis is vervalle en kort baie aandag, maar dit is naby die strand, en nie ek of Vroutjie is bang om in te spring nie.
November 8, 2008 at 7:33 vm |
Sjoe, dis ‘n verassing! Ek hoop julle gaan baie gelukkig wees in… ek sal moet gaan google waar dit is! Ons probeer nog steeds om ons eiendomme te verkoop, dan is ons ook weg.
Jy gaan darem seker nie ophou blog nie!
November 8, 2008 at 8:55 vm |
Brazil!? Wow!
Ek wens julle alle voorspoed en geluk toe. Baie sterkte en moenie ophou blog nie!
Pasop vir die uitnodigings uitdeel, as ek so na die fotos kyk, is al wat blogger is binnekort daar.
November 8, 2008 at 9:33 vm |
Sjoe ja dis ‘n verrassing. Wel alles van die beste in die nuwe tuiste. Hou ons op hoogte met al julle ervarings. En as ek so bietjie beskeie raad kan gee, as julle nog nie kan, nie leer so gou as moontlik die plaaslike taal aan (Portugees of Spaans?). “Embrace” die plaaslike kultuur. Maak vriende.
November 9, 2008 at 8:25 vm |
Wow, wonderlik!
Solank jy net nie ophou blog nie, kan julle maar bly waar julle wil
Dis nuwe tye en die wêreld is ons speelplek! Geniet dit ek lees sommer dit sal goed gaan!
November 9, 2008 at 3:41 nm |
Sterkte met die aanpassing en goeie besluit!
November 10, 2008 at 8:52 vm |
‘n Nuwe avontuur en ‘n nuwe lewe. Geniet dit!
November 10, 2008 at 9:49 vm |
Solank julle gelukkig is, wie anders maak saak??? Geniet julself gate uit, en maak net die beste daarvan!
November 10, 2008 at 3:02 nm |
Hoop die bier daar smaak OK. Cheers ou grote, dit gaan julle goed.
November 10, 2008 at 3:46 nm |
Ag, GG, wil jy nie vir my jou of vroutjie se email stuur nie – na runxie at gmail dot com.
Toemaar, ek wil nie vir jou kom kuier nie
Ek wil net oor iets navraag doen, as jy nie omgee nie
Geniet jou nuwe lewe!
November 10, 2008 at 9:51 nm |
Lekker om van julle te hoor!
Solank jy aanhou blog, gee ek nie om waar jy en Vroutjie nou nesskop nie.
Good luck!!!
Keep them coming…
November 11, 2008 at 10:30 vm |
Geniet dit, hou asb net aan met blog!!!!!!
November 12, 2008 at 3:18 nm |
Hoe het julle besluit op Saquarema??? het nog nooit van die plek gehoor nie! Almal gaan NZ of Aus toe … julle gaan Brazilia toe … vreemd
Sterkte en voorspoed met die nuwe uitdaging.
November 13, 2008 at 12:29 nm |
Dis die surfing capital van Brasilie…neef Gert het geheime talente!
November 17, 2008 at 9:55 vm |
Moet nou net nie so baie bikes fix en huis regmaak dat jy vergeet om te blog nie oraait! Jinne, geniet dit ouens!
November 18, 2008 at 3:18 nm |
Wel, intussen…
…
…HET DIE SILWER PONIE ‘N EIENAAR GEKRY!!! WHOOHOO!
November 19, 2008 at 12:14 vm |
Haha! Ek het ‘n uitnodiging! Vele dank!
Kappit flou, Gert en Vroutjie! ‘n Mens lewe net eenmaal, en dis die beste om light te travel. Geniet dit – julle maak my ALWEER erg jaloers! En pos ‘n paar prentjies!
November 21, 2008 at 8:00 vm |
[...] Ou GertGariep is ons tipe doos! Hierdie dude en sy sexy Vroutjie besluit sommer een aand in die katel om ‘n bietjie te gaan kyk hoe lyk Suid-Amerika. EN daar gaat hulle. Op ‘n laaaaaaang vakansie. En voor iemand die kak uit hulle oë kan vee, laat weet Gert – ons bly net hier! [...]