Hang bal

Hang net ‘n bietjie bal, hang aan ‘n tak, staan op rus, doen net iets. Woeps, drink, rook, whatever.

OK, vir nou  is ek nie baie gelukkig nie. Ek is vir ‘n paar dae in Suid-Afrika om die verkoop van die huis deur te haak en dan natuurlik ook die LT wat, sorry LT, moes gegaan het.

Die huis kan gaan, die (sorry LT) getroue LT kan gaan, maar die ding wat my nou vang is die weg van Vroutjie af wees. Vroutjie is derduisende kilometers ver weg, anderkant die oseaan, op ‘n ander kontinent, in ‘n huis waar klomp van die vertrekke se elektrisiteit nog nie oorgedoen is nie. In ‘n huis waar daar nog by baie plekke ruitglas kort, en  waar die kombuis heeltemal uitgebreek is en die badkamers vol uitgekapte teëls en stukke beton en sement is.

Baie mense het my al gevra: Gerhard, hoekom verlaat julle Suid-Afrika? Hoekom? Jy het ‘n paar maande terug bevordering gekry en Esmeralda klim die ladders in die corporate world?

Die antwoord is baie maklik en nog moeiliker: Ek en Esmeralda het rustelose siele. Nie rusteloos teenoor mekaar nie, maar net sommer rusteloos.  Altyd op soek na iets.

Ek is al aan die verkeerde kant van veertig en Vroutjie nog bietjie ouer, maar ons het gladnie kinders nie, dus is die wêreld nog effens oop vir ons. Wawyd oop, eintlik.

Ek en Vroutjie werk nogsteeds vir dieselfde “Moedermaatskappy”, maar WIE EK NOU MIS IS VIR MY VROU. VIR VROUTJIE.

Wraggies, ek was jarre terug vir maande op die Grens, maar nou voel hierdie paar dae soos eeue.

Toe ek en Vroutjie op ons “vakansie” gegaan het, het ons altwee baie goed geweet dat die moedermaatskappy ons op ‘n sending uitstuur om dinge uit te kyk, en / of vakansie te reël.

Die ding wat my en Vroutjie aanvanklik gevang het, was die feit dat ons nie kinders het nie. Meer vir Vroutjie as vir my. Baie meer. En na haar Ma se dood, nog te meer. Vroutjie weet presies wat ek hier skryf en stem saam. Google Talk rocks!

Maar, waar het ons op die punt gekom en besluit: Laat ons ‘n lyn maak?

Nêrens. Sommer so saam met die tyd.

Ek en Vroutjie het ‘n tweede kans gekry. Ek self het definitief ‘n tweede kans gekry.

Ek is nou bietjie negatief, maar laat ek praat oor dit wat ek en Vroutjie gaan mis:

a.) Taal. Afrikaans.

b.) Niks veel meer nie.

Dis dit.

As ek moet sê, sal ek sê die grootste aanpassing, die besluit om te skuif, is al agter die rug. Ek en Vroutjie mis dit om sommer net Afrikaans te praat, maar verder kom ons reg, so met die PDA, mens leer woorde nogal kak vinnig aan. Veral Vroutjie. My workshop manuals is in Engels.

Eintlik is die kakste deel nou vir my en Vroutjie om uitmekaar te wees. Sy is daar ver en ek hier in SA. Al is dit vir ‘n paar dae. Dis nie maklik om ‘n nuwe lewe in ‘n ander land te begin nie.

Ek wil Vroutjie NOU teen my vasdruk en vir haar sê alles gaan okay wees. Maar sy is nie nou langs my, teenaan my, naby my nie.

Issie so maklik om dinge net te verlaat en ‘n kraak te maak nie.

Ek en Vroutjie <b>sal</b> deurdruk.

In Saquarema gebruik ek en Vroutjie nog die verste buurman se internetkonneksie, maar hang net bal, en onthou ons werk nogsteeds vir dieselfde moedermaatskappy, met sy  restrictions.

En dan… en dan… die big fat biker GG surprise, aan sommer ‘n klomp van julle: Gert Gariep Stories… Mahalla, gratis, verniet, free as ‘n spesiale download. Indien jy al voorheen by gertgariep.wordpress.com kommentaar gelewer het, maak solank jou printer se ink vol, want jy kan dalkies net ‘n spesiale PDF download kry…

8 Responses to “Hang bal”

  1. Krista Says:

    Ons kan nie wag nie, GG, stuur asb baie gou!

  2. flippiefanus Says:

    Wow Gert, nou maak jy my sommer opgewonde. Sien uit daarna.

    Wat Afrikaans betref is ek jou eens. Toe ek destyds Kanada toe was het ek gedog ek het geen erg daaraan nie, maar dit was nie lank nie of ek verlang so daarna dat ek sommer aan die tjank kon gaan daaroor. Afrikaans vorm so deel van mens se kultuur dat mens dit nie kan weggooi nie.

  3. Dellie Says:

    Dis lekker om weer van jou te hoor! En ek verstaan heeltemal hoe jy vir vroutjie mis. Ek kyk na sommige van my vriende wie se mans soms vir maande “weg-werk”, en ek weet rerig nie hoe hulle oorleef nie. Ek het daaglikse kontak nodig met my liefie, anders voel dit of ek nie asem kry nie. Toemaar, dis net ‘n paar daggies dan kan jy haar weer styf vasdruk!

    /me gaan maak gou seker dat daar ‘n ekstra cartridge is vir die printer… :wink:

  4. rb Says:

    Bly om van jou te hoor.
    Sterkte en geniet elke oomblik daar in die vreemde.

  5. Pikkelik Says:

    Ek kan nie wag nie!!!! Sterkte, dis rerig verskriklik om nie bymekaar te wees nie. Ek was ook daar! Hou net uit, dis amper verby!

  6. Amanda Says:

    Ek is ook hier!!! ;-)

    Hoop jou dinge is gou uitgesorteer hier in SA en jy kan gou terug wees by vroutjie.

  7. liezl Says:

    Dis vir my absoluut amazing hoe lief julle twee nog vir mekaar is, na soveel jare saam….

    Ek kan ook nie wag vir jou stories nie!

  8. Wipneus! Says:

    Sterkte ook van my, geniet dit daar in die vreemde!
    Sien ook uit na jou stories ;)

Leave a Reply