‘n Klein vierletter woordjie. S.E.K.S.
Eintlik was deel van hierdie post vir my PDF dokument bedoel, maar toe lees ek vandag van ‘n pastoor raak wat sê mens moet baie seks hê.
Die pastoor het vertel seks is die supergom wat alles in die huwelik bymekaar hou.
Dis ’n onderwerp waarvan die kerk nog altyd weggedeins het, hoewel die Bybel daarna verwys.
Ek stem net so half saam met die pastoor, want ek dink hy verstaan nie heeltemal nie. Seks is so koud en eintlik onpersoonlik. Seks. Bevrediging. Watse bevrediging? So hier tussen die bene rond.
Die pastoor sê seks is die supergom wat alles in die huwelik bymekaar hou. Draadtrek? Vinger vryf? Alles hier tussen die bene rond.
Liefde maak. Liefde maak verskil baie van net seks hê.
Maak liefde, en dan gaan dinge baie goed uitwerk. Noem dit seks, of woeps, of steek, maar maak liefde.
November 28, 2008 at 6:50 vm |
Ek stem so 100% saam met jou. Seks is te koop. Om liefde te maak is priceless.
November 28, 2008 at 6:54 nm |
Waar woorde Gert – watookal mens dit noem, solank dit liefde maak is.
November 29, 2008 at 12:20 vm |
Sit lees ek weer vanaand aan jou blog, Gert Gariep, en merk toe op jy’s terug, en weer op pad, hierdie keer anderland toe, na ‘n vreemde wêrelddeel toe, ‘n vreemde naam Saquarema, waar sy vir jou wag en waar jy en sy, jy en sy, die mouterbaik so heluitry. ‘n Hedendaagse Jakes, ‘n bok vir love, wie se Tiemie class het waar sy in glaskantore werk. Voorspoed met julle reis, Gert Gariep, doen aan by die Grenshotel op pad na Fort Wajier.