Wonderwerke gebeur nog

Net toe ek op my laagste was en gedink het ek gaan vrek van verlange en rou eensaamheid omdat ek nie by Vroutjie is nie, het ek ‘n kontantkoper vir die LT gekry.

Ek het nog altyd gebargain om die getroue, geliefde LT te laat gaan op een of ander afbetalings ooreenkoms, maar IT-outjie kyk dinge uit en die bank kyk uit en sê alles is reg,  en daar is die geld in die bank en IT-outjie organize die vliegkaartjie en dit beteken ek gaan Kersfees en nuwejaar by Vroutjie wees.

Die LT het nou ‘n nuwe eienares, ja, eienares, maar die koop is deur, die geld is deur, die papiere is deur en ek gaan by Vroutjie wees. En die LT is in baie goeie nuwe hande.

6 Responses to “Wonderwerke gebeur nog”

  1. silwermaan Says:

    Wow!! Dis nou ‘n kers geskenk!!

  2. Sonkind Says:

    Jy beter vir Vroutjie ‘n mooier as mooi kersgeskenk saamneem. Wat van ‘n mooi swem-terglappie? :lol:

  3. Krista Says:

    Cool! Dis maar swaar om so te verlang en te weet dat niks anders as jou geliefde in jou arms dit sal beter maak nie!

  4. liezl Says:

    Dis wonderlike nuus!

  5. White Knight Says:

    Dagse Gert

    Beslis die beste nuus wat jy seker ooit kan kry. Geniet dit en alles wat mooi is met die nuwe lewe daar anderkant die groot waters.

    Groete

  6. Rudolph Says:

    Hi Gert Gariep.

    Jou blogger! Nou dat ek jou baie interessante blog ontdek het, handhaaf jy radiostilte. Vertel vir ons hoe lyk dit in jou nuwe wereld.

    Ek is self ‘n Vaaldriehoeker. Ek bly in Drie Riviere, Vereeniging. In 1984 matriek geskryf by Hoerskool Vereeniging. My pa het by USKO Vaalwerke gewerk. So, ek geniet jou vertellinge van die ou dae. Ja, die goeie ou dae.

    Jy sal dit nie glo nie, maar ek het nog nooit ‘n motorfiets gery nie. In elk geval, ek dink dis wonderlik dat jy en jou vrou die wereld kan platreis. Ek is self op die oomblik in Suid-Korea as ‘n “English Foreign Teacher”. Dis nog net twee weke dan vlieg ek terug na die land van blou lug en sonskyn vir ‘n twee maande vakansie.

    So, jy kon seker aflei dat ek maar altyd ‘n “nerd” was. Ek het die afgelope tyd baie gelees oor Web 2.0 blogging. So, ek will juis aan jou ‘n plan voorstel om goeie geld uit jou blog te maak. Dit stelsel staan bekend as “Affilliate Marketing”. As jy jou eie website of blog het, registreer jy as ‘n “Publisher”. Al wat dit beteken is dat ‘n Publisher ‘n advertensie-banner van sekere produkte of dienste op die website of blog kan vertoon. As besoekers aan jou website of blog dan op daardie advertensie kliek, kry jy geld daarvoor. Dis baie maklik om dit te doen. As jy meer wil weet, gaan net na http://za.offerforge.com/signup/ZA1916 Ek is self meer as twee jaar al by Offerforge.

    Groete vir eers uit die koue verre Ooste

Leave a Reply