Hene, het ek my vorige inskrywing so kak geskryf dat dit na Porra lyk? Dis nie Porra nie, dis Spaans, of dan die Gert-dialek van Spaans. Hier by my job werk ek meestal in Ingels, en fisiese spanner swaai het in elk geval nie ‘n taal nie. Ek het van die mense hier al begin Afrikaans ook leer. Omtrent almal saam met wie ek werk ken nou al die woord “poes.”
Al werk ek hier in Ingels, en die taal is Porra, werk en kommunikeer ek ook baie met kollegas van Venezuela, so ek try maar eers die Spaans onder die knie kry. Ja, op een of ander manier swot ek nou in die aande. Ek en Vroutjie. Nou nie die hele aand nie, maar ek swot. In plaas van om die hele aand bier te drink, doen ek huiswerk en voel soos gat as ek woorde en sinne so vir myself agter die lessenaar opsê. Vroutjie het ook skielik streng geword hier. Aan die begin ek ek nie geswot nie, maar grappe gemaak en vryerig geraak, so toe maak sy die reëling dat ons in aparte kamers swot en eers as sy tevrede is met my vordering, kan ons ‘n vry vang en ek miskien ‘n ietsie te drinke kry. So, nou swot ek my gat af in die tyd wat ek moet swot. Verwag maar nog baie Spaanse en dan ook nog meer Porra inskrywings in die toekoms.
Vorige inskrywing:
Alles gaan nog goed hier.
Dit is ‘n lang tyd sedert ek van my laat hoor het, maar vir my en Vroutjie (Esmeralda) gaan die tyd vinnig verby.
Ons altwee doen goed, geniet ons werk, en die nuwe lewenswyse en die nuwe land.
Ek is baie lief vir my vrou. Sy is baie lief vir my.
Ons werskaf aan ons huis en dinge vorder elke dag. Ons hou van ons huis. Ons huis is naby die strand en ons hou van die strand.
Ons altwee mis die LT, maar nou het ons darem ‘n F650GS, eintlik ‘n wonderlike motorfiets waarmee ons alles verken.
Baie van die mense hier vra my opinie oor Suid-Afrika. Ek glo in Suid-Afrika en dat die land nog baie suksesvol sal wees.
Ek was nog altyd ‘n man vir avontuur, en Esmeralda was nog altyd ‘n beeldskone vrou, vir avontuur. Ons hoort bymekaar en in ons harte weet ons dat ons saam alles sal regkry.
Om saam die nuwe dinge aan te pak is die geheim. Sonder my geliefde Vroutjie sou ek nooit na ‘n nuwe land toe kon verhuis het nie. Ons albei geniet die nuwe dinge.
Albei van ons werk baie hard. Die oggende begin ons deur op die strand te draf. Die see en die branders wat breek help ons aan. Partykere gaan dinge moeilik in die vreemde, maar saam is ons sterk.
Ek het vir baie jare nie geswot nie, maar ek kom reg. Esmeralda het dit moeiliker, want sy het mider tyd om Porra aan te leer, maar sy is slimmer en leer baie maklik.
Albei van ons verlang nogsteeds na Suid-Afrika, ons vriende en die kultuur.
Ons braai nogsteeds baie hier. Die fillet en T-Bones is uitstekend hier, en ek het al selfs rumours by die kroeg gehoor dat SA van hulle vleis vanaf Brasilië invoer.
Die bier hier proe nogal goed, die meisies, insluitende Vroutjie, het almal pragtige tiete, die vleis is goed en ons huis is stadigaan besig om ‘n tuiste te word. ‘n Tuiste waar ons saam kan wees.
Geniet julle Kersfees en mag almal van julle ‘n voorspoedige nuwejaar hê. Daar is nog ‘n lang pad vir my en Vroutjie, maar ons is seker dat ons dit saam sal kan loop.
Groete
Gert en Vroutjie
December 24, 2008 at 7:10 vm |
Dankie vir die vertaling, Gert!
Ek is bly dit gaan goed met julle en is seker dat julle ‘n sukses daarvan sal maak. Saam, is alles makliker.
Geseënde Kersfees vir jou en Vroutjie!
December 24, 2008 at 8:45 vm |
December 24, 2008 at 3:08 nm |
Bly dit gaan goed met julle!
Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar vir jou en jou geliefdes!!
December 26, 2008 at 7:50 nm |
Ietwat laat, but still:
Geseënde Kersfees vir jou en Esmeralda, mag julle van krag tot krag gaan daar in die vreemde!
December 28, 2008 at 10:07 nm |
Nou ja. I rest my case. My Portugees IS swak! Ek kan nie eens die verskil tussen Porra en Spaans agterkom nie…
Januarie 8, 2009 at 12:26 nm |
Dagse Gert
Mag die nuwe jaar, land en alles wat nuut is daar in die vreemde vir julle vreugde en voorspoed bring.
Vragie: Bly jy nog Gert Gariep of is daar nou ‘n nuwe Spaans/Portugees?Braziliaanse weergawe?
Groete
Januarie 19, 2009 at 10:01 nm |
Ai Gert…
Dis nou nie dat ek jou wil ‘nag’ of enigiets nie, maar die droogte hier laat my effe depressief..
Kersfees en Nuwejaar is nou net ‘n herinnering en Januarie het al amper sy dinges gesien, laat hoor tog van julle asb.
Groot asseblief?
Januarie 23, 2009 at 11:09 nm |
Wanneer skryf jy weer?? Moenie so hard swot aan die Porra/Brasiliaans/Spaans nie!!
February 9, 2009 at 11:06 nm |
so gertjie wat moet ek vir jou se…Niekie van der berg se groete dit gaan alles wel met hom..nou by die DA , skoon verby COPE geskyf….
Maart 5, 2009 at 2:35 vm |
FffoFfie, dis eintlik ‘n pot bollie wat jy my vertel. Ne?