Verlang!!!

Maart 5, 2009

En nie hoe nie. Sommer baie.

Ek het net nou afgesluit met Google Talk nadat ek en Fokker langer as 2 ure met die Google Talk gepraat het. Dit sluit nou die amper ‘n uur uit wat ons mekaar heen en weer op die landlyne en selfone geskakel en geskel het net sodat ek die fokken mikrofoon kon laat werk. Ek het gedag hier in 2009 plug mens die mic net en praat, maar toe nie. Suck for you, Bill.

Toe ons eers begin praat, toe gaan dinge goed. Ek hoor toe van die lekker party en skade in Klerksdorp, die stripshows by Lollipop vir die een ou se Bachelors en die kat en die vistenk en die KK’s wat deur die mis is en regstellende aksie se ma se moer en al daai kak.

Ja, ek weet ek vloek nou lekker, maar ek mis dit. P…, d…, k…, al daai woorde.

Ek mis die braai en Ellis Park en selfs vir Kurt Darren. (Nee, Kurt, moenie opgewonde raak nie, dis net omdat jy Afrikaans ook sing, hoor, en selfs hier hou die vrouens van jou.)

En julle Saffas dink julle taxi-drivers bestuur kak!?

Goeie fok, ten minste verstaan die taxi-drivers daar in Jozi as jy hulle Ma’s tussen die bene vloek. Vat ‘n CAM of Toyota minibus na die middestad van Rio toe en jy kan maar vloek in meer tale as by Babel. Daai drywer(es) lag net en gee vet oor die rooi ligte.

Sigarette en bier/wyn is redelik goedkoop hier. Hardehout soos Jack Daniels whiskey is onbefokkenkostegbaar duur. Vergeet maar heeltemal van brandewyn soos Richelieu en Klipdrift. Gooi net die plaaslike kroeg se special en gaan aan. En rook die plaaslike weergawe van Camel/Marlboro/Styuvesant/Dunhill…

Varkvleis is maar iets soos in SA. Geloof ens. ens. No big deal. Die ander dag toe braai ons na werk en die een ou bring sy eie braaier en rooster en braaitang en skaapvleis en raak nie aan vark nie. Cool.

Ons huis het nog nie baie rigting gekry nie. Die hoofslaapkamer, kombuis en swembad is oorgedoen, maar die woonkamer, sitkamer, studeerkamer, balkon, ander slaapkamers, buitegeboue, kroeg, badkamers, gastekamers, alles lyk nog soos chaos. Ons vat dit stuk vir stuk.

Oor die strande. Ja, naaktheid is verbode, maar so 10 minute se flinke stap vanwaar ons bly… Kom kuier maar en kyk self…

Selfs al loop Vroutjie met haar stywe kaal boude, dun strepie geskeerde poeshare en gedoende borste op die strand, mis ek SA.

Bring maar die seep, ek sal my mond uitwas, maar ‘n ding is soos ‘n ding is.

En ons praat toe oor biltong. Windgat, dis wat die Saffas is.  En ons praat oor braai. Windgat, dis wat die Saffas is. Hier braai die mense al eeue lank ‘n stukkie vleis oor die kole en droog ‘n stukkie vleis vir die wintermaande.

Ek verlang tog na SA. Daar is niks soos ‘n sonsondergang in die Noord-Kaap nie. ‘n Vars Koedoe-lewertjie op die kole en ‘n Toyota Hi-Lux wat in die sand gly op pad Mosambiek toe nie. Kreefduik by Tietiesbaai en seeskilpad kyk by Sodwanabaai.

En dan, die ander, laaste stukkie.

Suid-Afrika het ‘n regstelsel.  In Suid-Afrika moet jy skuldig bevind word, voordat jy gevonnis kan word. In Suid-Afrika het ‘n beskuldigde die reg tot ‘n billike en regverdige verhoor.

Dink daaroor.