Hoesit?

December 23, 2008

Hene, het ek my vorige inskrywing so kak geskryf dat dit na Porra lyk? Dis nie Porra nie, dis Spaans, of dan die Gert-dialek van Spaans. Hier by my job werk ek meestal in Ingels, en fisiese spanner swaai het in elk geval nie ‘n taal nie. Ek het van die mense hier al begin Afrikaans ook leer. Omtrent almal saam met wie ek werk ken nou al die woord “poes.”

Al werk ek hier in Ingels, en die taal is Porra, werk en kommunikeer ek ook baie met kollegas van Venezuela, so ek try maar eers die Spaans onder die knie kry. Ja, op een of ander manier swot ek nou in die aande. Ek en Vroutjie. Nou nie die hele aand nie, maar ek swot. In plaas van om die hele aand bier te drink, doen ek huiswerk en voel soos gat as ek woorde en sinne so vir myself agter die lessenaar opsê. Vroutjie het ook skielik streng geword hier. Aan die begin ek ek nie geswot nie, maar grappe gemaak en vryerig geraak, so toe maak sy die reëling dat ons in aparte kamers swot en eers as sy tevrede is met my vordering, kan ons ‘n vry vang en ek miskien ‘n ietsie te drinke kry. So, nou swot ek my gat af in die tyd wat ek moet swot. Verwag maar nog baie Spaanse en dan ook nog meer Porra inskrywings in die toekoms.

Vorige inskrywing:

Alles gaan nog goed hier.

Dit is ‘n lang tyd sedert ek van my laat hoor het, maar vir my en Vroutjie (Esmeralda) gaan die tyd vinnig verby.

Ons altwee doen goed, geniet ons werk, en die nuwe lewenswyse en die nuwe land.

Ek is baie lief vir my vrou. Sy is baie lief vir my.

Ons werskaf aan ons huis en dinge vorder elke dag. Ons hou van ons huis.  Ons huis is naby die strand en ons hou van die strand.

Ons altwee mis die LT, maar nou het ons darem ‘n F650GS, eintlik ‘n wonderlike motorfiets waarmee ons alles verken.

Baie van die mense hier vra my opinie oor Suid-Afrika. Ek glo in Suid-Afrika en dat die land nog baie suksesvol sal wees.

Ek was nog altyd ‘n man vir avontuur, en Esmeralda was nog altyd ‘n beeldskone vrou, vir avontuur. Ons hoort bymekaar en in ons harte weet ons dat ons saam alles sal regkry.

Om saam die nuwe dinge aan te pak is die geheim. Sonder my geliefde Vroutjie sou ek nooit na ‘n nuwe land toe kon verhuis het nie. Ons albei geniet die nuwe dinge.

Albei van ons werk baie hard. Die oggende begin ons deur op die strand te draf. Die see en die branders wat breek help ons aan. Partykere gaan dinge moeilik in die vreemde, maar saam is ons sterk.

Ek het vir baie jare nie geswot nie, maar ek kom reg. Esmeralda het dit moeiliker, want sy het mider tyd om Porra aan te leer, maar sy is slimmer en leer baie maklik.

Albei van ons verlang nogsteeds na Suid-Afrika, ons vriende en die kultuur.

Ons braai nogsteeds baie hier. Die fillet en T-Bones is uitstekend hier, en ek het al selfs rumours by die kroeg gehoor dat SA van hulle vleis vanaf Brasilië invoer.

Die bier hier proe nogal goed, die meisies, insluitende Vroutjie, het almal pragtige tiete, die vleis is goed en ons huis is stadigaan besig om ‘n tuiste te word. ‘n Tuiste waar ons saam kan wees.

Geniet julle Kersfees en mag almal van julle ‘n voorspoedige nuwejaar hê.  Daar is nog ‘n lang pad vir my en Vroutjie, maar ons is seker dat ons dit saam sal kan loop.

Groete

Gert en Vroutjie


Todo está todavía va bien.

December 23, 2008

Sí, sé que ha sido un largo, mientras que para todos ustedes, pero para mí y mi esposa ha sido un corto tiempo.

Estamos haciendo grandes, y que ambos amamos a nuestros nuevos puestos de trabajo, la nueva forma de vida y el nuevo país.

Yo amo a mi esposa mucho. Ella me ama mucho.

Nuestra nueva casa está ocupada por mejorar día a día. Nos gusta nuestra nueva casa. La playa está cerca de nuestra casa. Nos gusta la playa.

Los dos desaparecidos son el LT, pero por ahora ya tienen una F650GS. Una moto muy maravilloso.

Muchas personas me han pedido mi opinión acerca de mi propio país de origen, SA. Yo sí creo genuino SA que al final prospere.

Siempre fui un hombre de aventura. Esmeralda fue siempre una mujer hermosa para la aventura. Somos la conexiones el uno para el otro, y ambos sabemos en nuestros corazones que juntos, podemos hacerlo.

Para estar juntos en una nueva tierra y en una nueva situación es el secreto. Sin mi amada Esmeralda, yo jamás podría haber dejado mi país en el mío propio. Me encanta ella.

Los dos están trabajando muy duro. Empezamos nuestros días ejecutando en la hermosa playa. El océano, con las olas golpeando la tierra, dame la fuerza para ir al día siguiente. Voy a admitir que la vida es difícil aquí, pero estoy fuerte y Esmeralda es fuerte, por lo que ambos están seguros de que podemos hacerlo.

Yo no estudio durante muchos años, pero en estos días los equipos son buenos, y mi profesión me práctica en su mayor parte en Inglés.

Esmeralda están teniendo un tiempo difícil, pero es el más inteligente, y ella no tiene ningún problema con aprender una nueva lengua.

Ahora que ambos están desaparecidos SA mucho. Echamos de nuestros amigos y nuestra cultura única.

“Braai” que hacemos aquí. Esa es una luz muy fuerte para nosotros dos. El filete de carne de vacuno aquí son excelentes, y he oído que incluso SA está importando carne de vacuno procedente de aquí.

La degustación de la cerveza son buenas aquí, las mujeres están teniendo hermosos senos, la carne es buena, nuestra casa está avanzando para convertirse en una casa. Un hogar para dos almas de la misma naturaleza para estar juntos.

Me gusta a todos.

Disfrute de su Navidad y puede que haya un feliz año nuevo. Hay todavía un largo y difícil viaje para mí y Esmeralda que tenemos por delante para aprender correctamente el español y el portugués, pero son fuertes y tienen la voluntad de triunfar. Que todos ustedes tienen una maravillosa feastive temporada.

Gerhard y Esmeralda.


Vyf bladsye lelike themes

Junie 12, 2008

Dit is wat ek by die blog se dashboard onder “Design” vind. Dit lyk vir my regtig asof WordPress die lelikste themes uitgesoek het vir “available templates.”

Design – Ga! Daar is g’n niks om te “design” nie. Net ‘n spul vaal en vervelige stupid themes.


Finansies

Junie 5, 2008

Die rentekoerse styg, inflasie skiet die hoogte in, vleis word duurder, petrol word duurder, jy moet ekstra uitgawes aangaan as gevolg van die load shedding van Eishkom soos batterye, flitse, gasstowe…  Jou verhoging by die werk was kak, die bonus nog kakker of dalk heeltemal niks. “Cost To Company” is ‘n erger vloekwoord as “p..s”. Die koeverte met die venstertjies laat jou hart uit ritme gaan en koue sweet oor jou hele lyf uitslaan. Jy kou jou naels, lê wakker in die aand en draai jou sente honderde kere om.

Hou op worry en relax vir ‘n slag. Volg net die volgende tips en dan het jy binnekort weer ‘n hele paar ekstra kraakvars note in jou sak en jou beursie is sommer dikker. Op jou eie risiko en volgens jou eie oordeel en diskresie.

* Sny self die gras, spit die beddings om en snoei die bome.
* Maak self die huis skoon.
* Drink meer bier by die huis en minder in kuierplekke.
* Steers is duur. Koop vis en tjips by die kafee op die hoek.
* Groei ‘n baard. Skeermeslemmetjies is fokken duur as jy elke dag harde baard skeer.
* Ry bike, dit gebruik minder petrol as jou 3 liter Cortina met die twin carburettors.
* Gebruik die telefoon by die werk.
* Jag op Langplaas en maak jou eie biltong.
* Bedien peanut-butter-en-stroop toebies en bokswyn as jy gaste vir ete oornooi.
* Verkoop die TV en cancel jou TV lisensie. SABC wys net ‘n pot stront. DSTV ook.
* Moenie gaan fliek by Ster-Kinekor nie. Bly die aand by die huis en woeps.
* Bad of stort saam met jou liefie en spaar krag op warmwater.
* Gee die karwag 20c i.p.v. R2
* Copy CDs en DVDs wat jy by jou pelle leen.
* Gaan haal jou jassies by die kliniek waar jy dit gratis kan kry. Durex is duur.
* Moenie net suip as jy gaan visvang nie. Vang ‘n vis en braai oor die kole.
* As jy in ‘n hotelkamer gaan bly, onthou om al die sepies, botteltjies sjampoo, toiletpapier, snesies, teesakkies, koffiepoeier, suiker ens. in jou tas te pak voordat jy vertrek.
* Gaan eet Sondae by jou ouers of skoonouers. Vat niks saam nie.
* Teazers se moer. Jy mors jou geld daar. By die huis kan jy kyk, vat, en woeps.
* Pluk in die aand van jou buurman se perskes, druiwe, lemoene of wat ookal hy in sy agterjaart groei.
* Gebruik die werk se printer vir jou persoonlike goed.
* Dump jou tuinvullis in ‘n oop veldjie i.p.v. om iemand te betaal om dit weg te ry.
* Skiet net vinnig met jou vinger in die kollektebordjie by die kerk sodat dit klink asof jy geld ingegooi het.
* Hou ‘n kas Black Label quarts aan. Die deposito wat jy moet uithaal aan die begin vir die kas en bottels is eenmalig en van daar af is dit goedkoper.
* As jy nogsteeds die Huisgenoot of ander tydskrifte koop,hou sommer dadelik op. Lees eerder GG wat gratis is.
* Gaps jou buurman se Loslyf uit sy posbus.
* Moenie jou kontrak by die gym hernu nie. Kanse is goed jy is in elk geval nie lus om te gaan nie.
* MOENIE jou bike onnodig spin nie. Demmit, tyres is duur deesdae.
* Onthou as jy ‘n man is, al probeer jy spaar, ‘n lekker bederfie soos peperduur parfuum, onderklere, skoene, ‘n rok, ‘n handsak, ‘n leerbaadjie ens. vir jou vrou is altyd in orde.
* As jy ‘n vrou is, al probeer jy spaar, ‘n lekker bederfie soos ‘n kas koue bier, ‘n kliogram biltong, ‘n nuwe Kershaw knipmes ens. is altyd in orde vir jou man.


Aaklige tye

Mei 26, 2008

Thanks vir die video wat jy gepost, het Pikkelik.

Ja, daar was natuurlik ook die aaklige tye in die SAW.

Salueer nie net die soldate in die berigte hieronder wat gesneuwel het nie, maar ook al die ander. En onthou hulle families ook.

Die kak ding van oorlog is dat mense doodgaan.


Die naweek

April 15, 2008

Ja, ek weet dis nou al Dinsdag, maar ek moes eers herstel. Die naweek het Vrydag begin met ‘n rampartytjie. Op ‘n plasie daar iewers anderkant Heidelberg.

Die plan was dat dit net ‘n rustige aand sou wees. Elkeen bring ‘n vleisie en ‘n paar biere en so aan. Net die manne wat braai, bier drink en kak praat terwyl die vrouens iewers heen gaan.

So, agtuur toe daag ek op met my pakkie vleis, 12 biere (Black Labels, Man Sized) en ‘n paar pakke Simba chips en ook natuurlik ‘n sakkie biltong. Ek moes al sesuur daar gewees het, maar die verkeer het my opgehou. En ek het so half verdwaal.

Die vuurtjie knetter rustig en ons braai en drink bier en praat kak. Toe bel een ou sy vriendin om te hoor wat die vrouens doen. Sy vriendin is toe lekker gesuip en die vrouens hou kliphard partytjie. Die vrouens stuur die foon rond en lag en giggel en mens kon hoor hulle het een moerse jol.

Kak! Besluit ons toe. Dis die vrouens wat voor die tyd gekla en kerm het ons mans moet ons gedra, en dis waarom ons heel rustig en stemmig braai, terwyl hulle tekere gaan. WTF?

Ons klap toe geld saam want iemand ken ‘n plek waar hy nog drank kan gaan koop. Baie hout word op die vuur gegooi, die mannetjie wie se bachelor’s dit is moet bier sluk sonder ophou en die hi-fi se speakers word na buite geskuif en kliphard gesit.

Ek bel toe rond en reel ‘n stripper. Sommer so sonder dat ek haar of ‘n foto van haar gesien het. Die ou wat drank gaan koop het was nie lank weg nie, en toe begin ons behoorlik drink en bachelor’s hou.

Net na tien toe daag die strippers op. ‘n Blondie met yslike, massiewe tiete EN ‘n brunette met ‘n lyf so slap soos ‘n wilgerlat. Tussen die Stroh en bier deur en die selfoon sein wat swak was en die geraas in die agtergrond het daar ‘n misverstand ontstaan toe ek gebel het, so toe daag daar twee strippers op.

Die twee raak van hulle klere ontslae op die verhogie wat ons vinnig in die sitkamer ingerig het en ons cheer en suip. Ons rafel toe lekker uit. Na die stripshow het die twee dames ‘n paar doppe gedrink en ‘n rukkie saamgekuier voor hulle weer vertrek het. Oulike, Afrikaanse meisies gewees.

En ons gooi buite nog vrek baie hout op die vuur en drink. Een of twee ouens het al klaar gekots en was naby aan uitpass.

Later staan ons buite en kyk hoe ver kan ons die lee bierbottels gooi. (Tydens die amper onmootlike taak van skoonmaak, blyk dit toe dat ‘n hele paar ouens sommer vol bierbottels ook gegooi het. En ‘n paar glase en ‘n potplant.)

Hiervandaan kan ek nie so lekker onthou nie.

Een of ander tyd het iemand se vrou hom kom haal. Ons dag toe dis nog ‘n stripper en begin cheer. Sy was baie vies en vinnig en kwaad saam met haar man daar weg. Nog niks weer van hom gehoor nie. Ek dink nie hy mag ooit weer uitgaan nie en moet seker vir twee weke in die hondehok slaap.

Saterdag-oggend toe word ek met ‘n vieslike babalaas op die sitkamermat wakker. Opgekrul onder my baadjie. My mond was kurkdroog en ek strompel toe op om water te gaan soek. Daar buite staan toe wraggies nog ‘n paar ouens en kuier. ‘n Groot ligbruin hond staan en eet vleis van die rooster af. En die son is vrek skerp. Brand amper my retinas stukkend. Ek kry toe water en sluk totdat dit voel asof my maag gaan bars. Nog ‘n paar siele ontwaak. Die grasperk was besaai met bierbottels. Party nog vol. Ons wonder nogsteeds wie het daai groot potplant so ver gegooi? Of was hy tweekeer of driekeer gegooi, want hy het op sy kant gelê, met die meeste van die grond uitgespat, net kort voor die verste bierbottels.

Ons begin toe maar skoonmaak. Kon nie glo ons het so baie bier gedrink nie. Een ou was nog gesuip of iets, want hy druk net die ligbruin hond eenkant toe en eet ook vleis van die rooster af. Teen elfuur was alles skoon en die wat nognie huistoe was nie, het gesit en kyk na die fotos van die strippers.

Vroutjie bel toe ook en laat weet ek moet onthou dat ons by vriende om sewe-uur ‘n formele ete het. Sy het nie baie goed geklink nie en het self ‘n moerse babalaas gehad. Die vrouens het hard gekuier.

Toe ek by die huis kom, was ‘n paar van hulle besig om op te ruim. Hulle het sommer daar gaan verder kuier. Te oordeel aan die hoeveelheid drank wat daar verorber is, en die paar bottels wat ek uit die flippen koue swembad moes haal (wat het daar aangegaan?), was daar net so woes gesuip.

Na ‘n middagslapie maak Vroutjie my wakker en sê ek moet begin regmaak vir die ete. Ek wou toe nie gaan nie, maar sy kry my op deur net so kaal en skoon en vars uit die stort…

So toe vertrek ons later. Netjies aangetrek. Ek met die voorneme om niks, of net baie min te drink. Water en koeldrank en so aan.

Daar aangekom sien ek die sherry is in groterige wynglase. OBS, dag ek toe. En ek laaik Old Brown Sherry net mooi FOKKOL. NIKS.

Het die mense dan nie ordentlike klein glasies vir die sherry nie? vra ek myself toe. Ek neem toe maar ‘n glas en hou my asem op en gooi die spulletjie in my mond af en sluk alles met een slag om dit so gou as moontlik verby te kry. En skrik. En slaag net-net daarin om asem te kry. Daar was nie sherry in die glase nie, maar Stroh. So toe sluk ek ‘n groot glas vol Stroh af. En almal lag. Ha ha ha grappie.

Na so tien minute begin ek toe gesuip raak van die Stroh, soos almal wat reeds daar is, en die gekuier begin in alle erns. Die aand kry lewe.

Ek skiet toe sommer ook vraat en eet soveel as moontlik met die hoop dat ek nie weer gesuip gaan raak nie, maar na die Stroh was ek klaar gesuip, so dit help nie.

En iemand onthou Vroutjie het nie haar Stroh gedrink toe ons daar aankom nie. En ek volunteer sommer om dit te drink. Lekker.

En daar kuier ek alweer woes. Tot lank na middernag.

Sondag-oggend toe ek wakker word, was ek heel verbaas. Hene, dis cool – ek het gladnie ‘n babalaas nie. Toe besef ek dit is omdat ek nog lekker dronk is.

Eers in die namiddag het die Stroh uitgewerk en die babalaas my geklap. En gister-oggend, toe voel ek eers kak. Soort van ‘n na-skok.

So, dit was my woeste naweek en hoekom ek nou eers, Dinsdag, daaroor blog, terwyl ek nog oor ‘n paar goed wonder, soos:

1. Die potplant.

2. Het van die vrouens geskinny-dip??? Want hoekom was daar handdoeke op die wasgoed draad, maar geen klere of swemklere nie? As mens in die swembad val of gestamp word, moet jou klere mos nat wees. As jy met ‘n bikini of iets geswem het, moet dit mos nat wees. Maar as net die handdoeke waarmee afgedroog is op die draad hang…

3. Die groot ligbruin hond. Wat is sy naam? Hy het vriendelik gelyk. En ek dink hy het iewers deur die nag heeltyd ‘n flenters gekoude tennisbal ook teruggebring wat ek vir hom gegooi het.

4. Die vrouens het mos nie beplan om by die huis verder te gaan kuier nie, so hulle het mos dan nie swemklere saamgebring nie. Of het hulle?